houwater

  • 0

wat se drome moes jy agterlaat
dokter predikant of advokaat
om boer te word in wes-transvaal
waar stofmis op die reën se rug
en wind se asem lê
om doringdraad te span
met bloed en sweet
en eelte van die tang
’n huis te bou
met blokkiesvloer en koffiemoer
en mieliestronk se vlam
bome in ’n boord aanplant
en varkblomme by die dam

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top