oor die see na avalon
by afrika verby
het ons saam met myrddin, taliesin
en barinthus die bootsman
suidwaarts met die sterrekruis
na ons eie insula afallonis weggereis
"ins la pomoru que fortunate"
het vol belofte gelê en wink
met elixir om te drink wat nuwe lewe gee
lady morgan het ons laat heers
oor die paua, die visse en die see
met krone van wilde varing
en ’n vere jas om te dra
konings ek en jy
twee expats uit afrika

