Joha van Dyk

Joha is ’n 22-jarige student wat grootgeword het op ’n plaas in Namakwaland aan die Weskus. Sy studeer tans vir haar honneursgraad in Engels aan die Universiteit Stellenbosch. Joha is passievol oor skryf en is in 2017 in ’n studentedigbundel (Penseel) gepubliseer. Haar gedig "Polsslag" is onlangs in die bundel Die môre is jy opgeneem.

23-jarige student Joha van Dyk se debuutroman landswyd gepubliseer

Marli van Eeden, Joha van Dyk Skrywersonderhoude 2020-11-13

"Ek was al aan die skryf vanaf ’n jong ouderdom en dit was nog altyd my droom om ’n skrywer te wees. Ek het op ’n punt gekom in my derde jaar op universiteit waar ek net besef het, 'Wel, ek wou nog altyd ’n skrywer wees; hoe lank wil ek nou nog wag voordat ek kanse begin waag en my manuskripte instuur vir publikasie?'"

Vrouedag-skryfkompetisie: Veronika

Joha van Dyk Skryfkompetisies 2019-08-23

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Joha van Dyk:

"en ons voetspore lank terug vasgevang in nat sement
van die stoep
waar sy nou nog dans." 

Top