Jerome Joorst

Jerome Joorst is ’n lektor in Sosiologie van Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch se Departement van Opvoedingsbeleidstudies, waar hy sedert 2013 modules oor perspektiewe op onderwysstelsels en onderwysbeheer, leierskap en bestuur vir nagraadse onderwysstudente doseer. Sy meestersgraad het gehandel oor die aard van leerders se deelname in beheerliggame, en sy PhD aan die Universiteit Stellenbosch het gefokus op die posisionering van landelike leerders in die opvoedingstelsel. Hy bied ook studieleiding aan magisterstudente en doktorale studente.

Jerome was vir drie jaar as mentor en koshuisvader betrokke by die SciMathUS-program en is deesdae betrokke by plaaslike en internasionale vennootskappe om meer te leer oor die omstandighede van leer vir opvoeders en leerders in opvoedkundige instellings.

Jerome het 18 jaar se ervaring as opvoeder in landelike werkersklasskole. In 2011 het hy as heelskoolevalueerder by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement begin werk. Verder is Jerome betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte, veral, maar nie uitsluitlik nie, in plattelandse gemeenskappe. Een van sy jongste gemeenskapsprojekte sluit in samewerking tussen die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Baden-Württemberg (Duitsland) en die Paternoster-gemeenskap aan die Weskus.

The role of non-academic mentorship in involving students from marginalised groups at a university – a case study

Jerome Joorst Academic research 2021-04-07

"The study shows that while good management and teaching can play a role, non-academic mentorship not only helps to bridge access, but also to build survival capital through recognition and productive engagement."

Die rol van nie-akademiese mentorskap om studente uit gemarginaliseerde groepe by ’n universiteit te laat inskakel – ’n gevallestudie

Jerome Joorst LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-04-07

"As gevolg van die mentors se emosionele belegging in hulle gementordes, bou die nuwelinge ’n stel innerlike hulpbronne, sosiale vaardighede en kulturele strategieë op wat hulle nie net hulle voete in ’n vreemde veld help vind nie, maar hulle selfs daarin laat floreer."

Hare (veral swart hare in skole) saai steeds onmin

Jerome Joorst Seminare en essays 2021-03-17

"Gegewe die emosionele reaksie wat die kwessie van hare in skole ontlok en die talle tekste wat reeds daaroor geskryf is, waarom gedy die polisiëring van swart hare steeds in skole? Waarom ontlok dit soveel emosie? Wat kan ons hieruit leer?"

Opvoederwees te midde van die realiteite van landelike geenskoolfondslaerskole

Jerome Joorst LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2019-03-07

"Opvoeders in landelike geenskoolfondsskole se veerkragtigheid is tekenend van die persoonlike agentskap wat hulle toepas in reaksie op omgewingstressors. Dit stel uiteindelik hierdie individue in staat om psigologies volhoubaar te funksioneer ten spyte van hulle werkstoestande."

Kan ons nou ’n slag oor die ding van ras kom? 

Jerome Joorst SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-01-14

"Maar ten spyte van die negatiwiteit rondom sulke gevalle bied dit telkens aan ons ’n geleentheid – ’n geleentheid om op te hou om weg te hardloop daarvan om ons blinde kolle oor die aangeleentheid aan te spreek ..."

Ongelykheid in skole, en hoe blind almal daarvoor is

Jerome Joorst SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2018-10-17

"As niemand hul blinde kolle wil erken nie, hoe gaan ons die prentjie verander in die belang van ons almal se kinders?"

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys en hoe om nuwe denke rondom skole te bou

Jerome Joorst SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2017-11-16

"Die kernpunt is dat ons almal by die mikrovlak van die samelewing (die ouerhuis) begin om ons kinders toe te rus met ’n taal van hoe om ’n diverse samelewing te navigeer, ’n doelbewuste alternatiewe narratief as die een wat sentreer rondom ras, en op so ’n wyse ’n ander diskoers in die land meebring."

Kuberklas: Praktiese studiewenke vir ouers, onderwysers én leerders

Jerome Joorst Skole 2017-09-27

Dis binnekort die vierde kwartaal. Jerome Joorst deel praktiese wenke vir voorbereiding, hersiening en algemene akademiese oorlewing met ouers, opvoeders en leerders.

Sonder kompas: Hoe navigeer ’n arm leerder sy pad deur sy skoolloopbaan?

Jerome Joorst, Estelle Kruger Onderhoude 2017-09-27

"Hierdie kinders moet dikwels hul skoling doen parallel met ’n stryd om oorlewing. Alhoewel die regering baie gedoen het en steeds baie doen om historiese ongelykhede tussen skole aan te spreek, sukkel arm, landelike leerders steeds meer as ander kinders met historiese materiële ongelykheid binne en buite die skool." 

The navigational practices of learners from poor, rural areas

Jerome Joorst Academic research 2017-09-20

"Despite poor academic results by learners from poor, rural backgrounds together with popular media often positioning them as deficient in the schooling system, this article suggests that it is these unique forms of capital which are central in supporting such learners to remain in school and that these generalisations often conceal an undiscovered world of navigational strategies that these learners use to stay on course."

Die navigasiepraktyke van leerders uit arm, landelike gebiede

Jerome Joorst LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-09-20

"Swak akademiese prestasie deur leerders uit arm, landelike gebiede, tesame met berigte in die populêre media, posisioneer dikwels sodanige leerders as onbevoeg in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel. Agter hierdie veralgemening skuil egter ’n grootliks onverkende wêreld."

From racial difference to common citizenship: A hair-raising issue

Jerome Joorst SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2016-10-18

"The youth have for more than 20 years been asked to keep calm and focus on uniting our country (during President Mandela’s time), to allow for the economy to grow (during the Mbeki period) and to let the adults speak (during the Zuma period)."

Top