Inge Lategan is gebore op 25 Mei 1985, tussen Bolandse berge en ryk wingerde in Worcester. Na matriek aan Worcester Gimnasium het sy openbare skakelwese op Stellenbosch gaan swot. Vir al amper sewe jaar is sy ’n finansiële-adviseur-assistent. Sy het die hart van ’n Gemini, dra haar hart op haar mou, en partydae wil sy woorde eet, net omdat dit so mooi is!
Naomi Bruwer, Inge Lategan2013-12-11Nuwe Stories 2 is pas deur NB-Uitgewers uitgegee. Inge Lategan, een van die skrywers wie se kortverhaal in die bundel opgeneem is, vertel wie sy is.