IL de Villiers

IL de Villiers het 19 jaar lank as predikant gedien in verskillende gemeentes van die NG Kerk: Albertinia, Bonnievale en Constantia. Hy het in hierdie tyd 47 beroepe ontvang.

Hy was in die tagtigerjare lid van die Raad van KRUIK-toneel in Kaapstad en voorsitter van die Otto du Plessis Kollege vir Verpleging. Sedert 1974 het hy verskeie rubrieke in koerante en tydskrifte behartig. In 1982 het hy redakteur van Sarie geword. In 1991 is hy aangestel as hoofredakteur van Rapport en lid van die direksie van Rapport-Uitgewers.

De Villiers is ’n digter van wie reeds vyf digbundels verskyn het: Leitourgos, Gelykenisse en ander Verse, Manna oor die Duine, Leviet en Vreemdeling en Jerusalem tot Johannesburg. Sy digbundel Jerusalem tot Johannesburg is sy 35ste publikasie.

Berta Smit: die engel van Leitourgos

IL de Villiers Boeke en skrywers 2008-07-28

"By die ete het die bedaarde Berta ewe skielik ontpop in ’n vrolike vierder. Sy was klein van gestalte, kort donker hare, wye mond, op haar manier aantreklik en so belese soos die Wikipedia. Teen die end van die ete het sy die bundel oor ’n glas rooiwyn geprys en stukke Goethe aangehaal met die profesie: Dié bundel gaan vlieg."

'n Gesprek tussen Hambidge en De Villiers rondom die verskyning van Vervreemdeling

Joan Hambidge, IL de Villiers Skrywersonderhoude 2008-03-26

Hoe oud was jy toe jy vir die eerste keer begin gedigte skryf het?

ABSA Ketting: IL de Villiers in gesprek met Joan Hambidge

Joan Hambidge, Joan Hambidge, IL de Villiers 2007-01-22 "Die lewe en die dood is 'n jin/jang. Ons leef en ons gaan dood. So is die so. Ek is verlief op die lewe."

ABSA Ketting: Gilbert Gibson gesels met IL de Villiers

Gilbert Gibson, IL de Villiers 2006-12-12
Top