Sonkyker: Afrikaner in die verkeerde eeu – nog ʼn wenner van JC Steyn

  • 0

Titel: Sonkyker: Afrikaner in ? verkeerde eeu
Outeur: JC Steyn
Uitgewer: Tafelberg.
ISBN-nommer: 9780624046486
Aantal bladsye:
408
Prys: R250.

Met “nog ? wenner van Jaap Steyn” word nie bedoel dat hy noodwendig letterkundige pryse gaan inoes nie (dit dalk ook indien beoordelaars van prystoekennings hul sout werd is). Maar dis ? wenner in die sin dat ek Sonkyker eenvoudig nie kon neersit nie en dit pas drie maal deurgelees het, verbaas oor die vertelvermoë van die skrywer. Die boek lê by my bedboekrak.

Inderdaad is Steyn ? sonkyker – ? soort Vrystaatse klipsalmander wat op ? warm klip lê en die son “bekyk”, en alles wat om hom gebeur, elke dag – maar nooit met enigiets skoor nie en hom net stilweg uit die voete maak as gevaar dreig. Verre daarvandaan dat die skrywer vir enige ware stryd, veral dié vir sy geliefde taal, terugdeins: dit lê immers nie in sy familie se bloed nie. En hierdie fragment van ? familiegeskiedenis voeg inmekaar soos opwindende boublokkies van ? kind: die kinderfoto op die voorblad, die skrywer so ses jaar oud – is nogal tekenend.

"… Afrikaner in ? verkeerde eeu" sê dat die skrywer nie daarvan terugdeins om hom met die “Afrikaner” te vereenselwig nie: dis sy mense, sy bodem, sy stam waarop tans geskel en gevloek word, ook uit eie geledere. Die motto voor in die boek – MER se woorde in My beskeie deel – gee duidelik die toonaard aan: "Wat met ons as volk gebeur het, het vir my, soos vir elke normale Afrikaner, altyd diep aangegaan … En lewensbehoud is ? gesonde en basiese strewe by alles wat bestaan.”

Die kronieke van familiegeskiedenisse en ook verhale oor afstamming – deurdrenk met tersaaklike en ontersaaklike gegewens – kan soms as blote vervelige geslagregisters in die sand loop. Selfs met ? bietjie selfverheerliking ook.

In Steyn se boek is geen sprake van enige hiervan nie. Die skrywer se prosa is dié van ? baasverteller met ? oog vir die kleinste interessantheidjie, van speletjies tot leesstof, van politiek tot gesange by huisgodsdiens, van arbeid op die land tot studie in Amsterdam, van ? gelukkige kindertyd in ? gelukkige huis in die distrik Petrus Steyn tot navorser en bekroonde biograaf, van die breë agtergrond van die gesin Steyn tot by die skrywer se versorging van sy moeder en haar dood in Bloemfontein.

Steyn bly as verteller altyd op die agtergrond. Die feite, hoe nietig ook al, dra die storie. En die prosa is soos vars plaasgebakte boerbeskuit: hard, bros, geurig, voedsaam – ? lekkerny. In die Openbaring word Johannes aangesê om die boek te “eet”. Dis ? goeie metafoor vir Steyn se jongste werk: dié boek kan ? mens éét. In ? paar sittings of dwarsdeur die nag, of stukkie vir stukkie vir die lekkerte.

Die kroniek begin by die familielid wat as “volksdokter” mense gratis vir elke siekte, ook kanker (met pleisters) behandel het en voor die hof beland het. Daar is ook Manie Steyn, die skrywer se groot-grootoom wat ? taalstryder was. Die Tweede Vryheidsoorlog raak die familie, en ook die Rebellie van 1914. Steyn se ouers trou net na die groot Depressie in die dertigerjare. Hulle huwelik is ? “sprokie”, hoewel dit ? sprokie sonder ? pot goud en ? kroon is: dis harde werk, uitgelewer aan die natuur, op ? swak plaas, met Pa en Ma wat alle arbeid self verrig en die kinders wat moet hand bysit. Maar lees het hulle gelees – boeke, koerante, preke – en werk het hulle gewerk.

Hulle het niemand om hulp gevra nie. Hulle het min skoling gehad, maar eenvoudig vorentoe gebeur. Hulle kinders moes leer, al het ouers geraap en skraap. Dis die Umwelt van die sonkyker-skrywer: die skrefie van die Afrikaanse rots waaruit hy kom.

Op universiteit, en later in Amsterdam, vorm hy vriendskappe met bekendes. As joernalis vorder hy vinnig. As taalman beleef hy die op-en-af kurwe van die “lewende Afrikaans” tot die bespotte en veragte taal en mense (die verkeerde eeu) sodat hy aan die einde hoop, à la van Wyk Louw: "Miskien sal iemand later tóg ‘mooi dinge van ons weet’."

Sou die skrywer se versugting waar word, sal hierdie boek ? reuse-bydrae daartoe lewer.

Steyn beskou die Afrikaner, sy kultuur, sy geskiedenis, sy foute en feile, sy oomblikke van grootheid vanuit die hart van sy Afrikanerwees. Dit maak die groot verskil. Sy kultuur en groep word nie beskryf deur ander kulture daarteen af te speel nie, soos so dikwels gedoen word (met die gevolg dat die Afrikaner dan in die hoekie moet gaan staan). Dis ? fragment van ? Afrikaanse familie, eenvoudige, hardwerkende mense wat aards min gehad het, maar tog ook alles: God en ? geborge gesin wat vir mekaar omgee en help. Hulle het vorentoe gebeur. Hulle het respek gehad vir mense en mekaar. Niks “patriargaal” nie: ? mooi ma wat werk en ? pa wie se hande vir niks verkeerd staan nie en sy huis eiehandig bou. Hulle het hulle nie laat onderkry nie: nie droogte of gebrek aan skoling of kontant of wat ook al nie.

Dit maak hierdie boek uniek. Dis ? bietjie ? ander hoek as die geskiedenis van die Afrikaner uit die rigting van verhoudingskwessies, gewoonlik die skurk van die verhaal sonder enige saak. Dis die Afrikaner as mens onder die suidersterre. Nie die afskuwelike drakoniese wese wat al uit mode beskryf word as net duskant Dachau nie. In hierdie “verkeerde eeu” is hierdie werk van Steyn ? lafenis vir almal wat hoop dat daar ook “mooi dinge” van ons sal oorleef. Bo-al is dit die waar storie van ? man wat baie gesien het en beleef het en ? gesin wat sonder trompetgeskal geleef het in ’n wêreld van respek, en ? liefde vir die aarde.

Steyn, vat vyf, dis boerbeskuit-prosa in ? trotse taal van ? trotse geskiedenis, en om so ? boek juis nou te skryf het seker moed gekos.

Dis ? wenner. ? Potensiële wenner van ? hele paar harte en reeds wenner van my eie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top