Hermann Pretorius

Hermann Pretorius is hoof van strategiese kommunikasie by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR). Hy voltooi sy regs- en musiekstudies aan onderskeidelik die UP en UCT, en sluit in 2019 as ontleder en navorser by die IRR aan. Sy eerste boek, Rule breakers: What really happened in the 2024 elections, ’n ontleding van die opiniemagte en -invloede wat die 2024-verkiesingsuitkomste teweeggebring het, verskyn later hierdie jaar. Pretorius se werk by die IRR het hoofsaaklik betrekking op beleids- en strategie-analise, en hy skryf ook tans aan ’n tweede boek oor die politiek van die eerste drie dekades van post-1994- Suid-Afrikaanse demokrasie.

Gaan Helen Zille Johannesburg kan red?

Freek Robinson, Hermann Pretorius LitNetKanaal op YouTube 2025-09-25

Die DA het Helen Zille benoem as hulle burgemeesterskandidaat vir 2026 in Johannesburg. Sal sy die stad kan red? Dit vra Freek Robinson aan Hermann Pretorius by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.

Suid-Afrika aan die politici: Ons soek werk!

Freek Robinson, Hermann Pretorius Onderhoude 2025-05-21

Volgens die peiling is kiesers glad nie so verdeeld volgens ras as wat sommige groepe ons wil laat glo nie, en die meeste wil hê die regering moet ’n ekonomie steun wat werkskepping sal stimuleer.

Rasseverhoudinge in Suid-Afrika: verdoemend of versoenend?

Freek Robinson, Hermann Pretorius Onderhoude 2025-02-19

Hoe ervaar gewone Suid-Afrikaanse burgers rasseverhoudinge en rassisme in Suid-Afrika? Hermann Pretorius, hoof van strategiese kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), gesels met Freek Robinson oor die bevindinge van een van hul jongste meningspeilings. Hoe geloofwaardig is so ’n peiling? Pretorius lewer ook kommentaar oor Trump se presidensiële bevel en die gevolglike fokus op rasseverhoudinge in Suid-Afrika. 

Top