Helena Mellet

Helena het in ’n huis met baie boeke grootgeword. Haar boekwurm-ma het haar leer lees en skryf nog voor sy skool toe is. As kaalvoetkind in die hartjie van Namakwaland het haar fassinasie met mense en hul dinge begin. Op vyftien skryf Helena haar eerste gedig en is tot vandag toe verknog aan poësie. In 2007 matrikuleer Helena by Hoërskool Lutzville waarna sy BA Taal en Kultuur aan die Universiteit van Stellenbosch begin studeer. Sy voltooi ook ’n kursus in grafiese en webontwerp en werk vir drie jaar in die industrie. Helena en haar man verhuis in 2015 na Robertson waar sy betrokke raak by die familiebesigheid, Stella’s Kennels & Cattery.  Hier leef sy haar liefde vir die natuur uit en skryf wanneer die inspirasie haar beetpak.

Van haar kortverhale en gedigte is al in verskeie bundels gepubliseer. Ink skryf in Afrikaans benoem haar jeugverhaal, Bessie, as kortverhaal van die jaar in 2017. Met die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie was sy al twee keer ’n finalis en haar debuutdrama, Man op die maan, is in Desember 2019 uitgesaai.

Sy is ’n stil mens, want haar oë en ore werk oortyd. Sy glo dat elke oomblik van die dag ’n storie of gedig inhou wat wag om geoes te word. Sy skryf oor mense en mensdinge, oor die lewe en al sy kinkels en koekerasies.

Afwagtend

Helena Mellet Fiksie 2020-06-08

"Die Noordwes gaan weer amok maak en Landi is te broos vir sy weeklaag teen die ruite. Sy is broos, punt. Sedert sy begin siek voel het, bly die trane vlak. Hoe dit ook al sy, Landi kom agter haar mense baklei die laaste paar dae net so hard teen die negatiwiteit."

As die naaimasjien die fan tref

Helena Mellet Fiksie 2017-10-31

"Hesmarie Jordaan is nie ’n mak mens nie. Puntenerig soos ’n ou wiskunde-onderwyser, vind fout met alles. So trots, dit grens amper aan hoogmoed."

Huis, woning, tuiste: Helena Mellet se inskrywings

Helena Mellet Skryfkompetisies 2017-02-13

Lees Helena Mellet se inskrywings vir LitNet se gedigkompetisie: Huis, woning, tuiste.

Dit wat in die hart sit

Helena Mellet Skryfkompetisies 2015-05-06

Doodstil. Sonder klank of beweging ...

Top