Frenette Southwood

Frenette Southwood het spraakheelkunde en oudiologie gestudeer en het ’n meestersgraad in kliniese taalwetenskap (Universiteit Stellenbosch) en ’n PhD in taalwetenskap (Radboud Universiteit Nijmegen). Sy is sedert 2000 ’n dosent en navorser in die Departement Algemene Taalwetenskap, Universiteit Stellenbosch, en is mededirekteur van die nasionale SADiLaR-befondste Kindertaalontwikkelingsnode. Haar navorsing fokus op die ontwikkeling van kultuurtoepaslike en dialekneutrale instrumente waarmee taalontwikkeling in Suid-Afrikaanse kinders gemeet kan word, op kindertaaltaalontwikkeling in veeltalige kontekste en op ontwikkelingstaalversteuring in Afrikaanssprekende kinders.

 

Exploring the versatile expressive vocabularies of Afrikaans-speaking toddlers

Mariette Nortjé, Frenette Southwood Academic research 2026-11-12

"It was found that the Afrikaans-speaking females had significantly larger vocabularies than their male peers across all ages (F(1,111)=10.001, p=0.002, η²=0.08) with a medium effect size. The mean vocabulary score for Afrikaans-speaking females was 53% compared with 36% for males."

Die veelsydigheid van Afrikaanssprekende peuters se ekspressiewe woordeskat

Mariette Nortjé, Frenette Southwood LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-11-12

"Afrikaanssprekende meisies het ’n beduidend groter woordeskat as seuns gehad. Vergelyking van die leksikons het ook verskille in die top 50 woorde van meisies teenoor dié van seuns uitgewys."

Is the comprehension and asking of wh-questions related to the socioeconomic status of mother-tongue speakers of Afrikaans in the Foundation Phase?

Frenette Southwood, Joanine Hester Nel Academic research 2025-11-18

"Question-asking plays a fundamental role in how children come to understand the world around them. When children ask questions, including wh-questions (those that begin with words like who, what, when, where, why and how), they actively engage in learning, because question-asking is a means of exploring concepts and building knowledge."

Is daar ’n verband tussen die begrip en stel van w-vrae en die sosioëkonomiese status van moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase?

Frenette Southwood, Joanine Hester Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-11-18

"In hierdie artikel lewer ons verslag oor ’n studie oor moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase se verwerwing van die begrip en stel van w-vrae (d.i. vraagkonstruksies wat byvoorbeeld wie of waarom as vraagwoord bevat)."

Die poeliesman het ’n gun: Die prestasie van Kaapssprekende plattelandse leerders op ’n Afrikaans-medium taaltoets wat dialek-neutraal sou wees

Frenette Southwood, Ondene van Dulm LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-08-21

"Die akkurate diagnosering van taalprobleme is van uiterste belang in ’n land soos Suid-Afrika, waar tale en dialekte dikwels sosio-etniese grense weerspieël en waar toegang tot kliniese intervensie in sekere gemeenskappe beperk is."

Top