Frank Opperman

Frank Opperman het bekendheid verwerf met sy rolle in die TV-reekse Orkney snork nie (as eiesoortige Ouboet van Tonder), The big time (as Chris Karedes, die Cipriotiese immigrant, wat aan hom twee Artes-toekennings as beste akteur besorg het), gevolg deur sitcoms, nóg TV-rolle, in rolprente en op die verhoog in onder meer ’n rits eenmanvertonings uit die pen van Dana Snyman: Die uwe Pottie Potgieter en Die klaagliedere van ds Tienie Benade – en bo-aan daardie lys pronk Reünie (met regie deur De Klerk Oelofse). Hy spog met talle erkennings: Artes-pryse, talle Fiësta-pryse en ’n SAFTA Golden Horn-prys. Hy het immers al in sy studiejare die prys as die beste dramastudent aan die Technikon Pretoria verwerf, waarna hy sy vaardigheid by die destydse kunsterade geslyp het.

Tussendeur het hy ’n vlugtige glansdraai in Hollywood gemaak, maar die verlange na sy mense en sy land het hom teruggewink.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n onderhoud met Frank Opperman en Margit Meyer-Rödenbeck oor Eerste vir alles

Christiaan J de Swardt, Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-14

"Hulle dreig glo al 25 jaar lank om iets saam te doen, maar kon net nog nooit daarby uitkom nie. Albei was té bedrywig met hul onderskeie loopbane."

Suidoosterfees: Eerste vir alles, ’n onderhoud

Yolanda du Toit, Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck, Wessel Pretorius Suidoosterfees 2026-04-16

Yolanda du Toit praat met Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman en Wessel Pretorius oor die Suidoosterfees-produksie, Eerste vir alles.

Frank Opperman gesels oor Ek wens, ek wens

Frank Opperman, Izak de Vries Suidoosterfees 2022-04-22

"Die begrafnisondernemersorganisasie was baie ontsteld daaroor. Ek was bang hulle gaan eendag weier om my te begrawe. Sal maar my eie gat moet grawe."

Top