Frank Hendricks

Frank Hendricks is sedert 1979 verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland. In 1978 verwerf hy die MA-graad in Afrikaans en Nederlands (cum laude) met die verhandeling “? Sinchronies-diachroniese studie van die taalgebruik in die drama Kanna hy kô hystoe van Adam Small” en in 1988 doktoreer hy met die proefskrif “Prolepsis in Afrikaans”. As taalkundige spesialiseer hy in sintaksis, variasietaalkunde en naamkunde. Die literêre refleksie van histories gemarginaliseerde spreektaalvariëteite is een van sy primêre navorsingsgebiede. Hy is ondervoorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

’n Groetwoord vir Anastasia de Vries

Frank Hendricks In memoriam 2024-08-28

"Maar jy hét vertrek, en dít kort op die hakke van Braam de Vries, ons oudkollega, en Brian O’Connell, voormalige rektor van die Universiteit. ’n Mens sou as’t ware kon uitroep: Die spore van die dood lê in die gange van die UWK, en sy spore is vars ..."

Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar

LitNet, Conrad Steenkamp, Heindrich Wyngaard, Jeremy Vearey, Frank Hendricks, Charlyn Dyers, Gerda Odendaal, Monn-lee Geduld Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2020-06-23

"Die toekoms van Kaaps"-webinaar van die Afrikaanse Taalraad, aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en LitNet, het op Jeugdag, 16 Junie 2020, plaasgevind. Lees ook bydraes oor Kaaps deur die jare uit die LitNet-argief.

ATKV-taalerfenissimposium: Frank Hendricks – Standaardafrikaans en omgangsvariëteite van Afrikaans

Frank Hendricks Menings 2018-09-20

Vanjaar se ATKV-taalerfenissimposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Kyk hier na Frank Hendricks se toespraak oor Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite van Afrikaans.

Kettinggesprek: Wannie Carstens gesels met Frank Hendricks oor Kaaps in fokus

Wannie Carstens, Frank Hendricks Skrywersonderhoude 2017-01-30

"Standaardafrikaans is volwaardig Afrikaans en so ook Kaaps."

Kettinggesprek: Frank Hendricks gesels met Michael le Cordeur oor Ons kom van vêr

Michael le Cordeur, Frank Hendricks Skrywersonderhoude 2017-01-12

"Vir bruin mense was Afrikaans dus nie net ’n taal van verdrukking nie, maar ook ’n taal van bevryding en vandag ’n taal van versoening."

Bekendstellingstoespraak: Kaaps in fokus deur Frank Hendricks en Charlyn Dyers (redakteurs)

Frank Hendricks Menings 2016-12-20

Kaaps en fokus is ook bedoel vir enigeen met ’n verwondering oor die rykheid van taal en van Afrikaans in die besonder. En vir enigeen met Afrikaans as hartstaal!”

Die verrekening van taalvariasie in die prosawerk van Elias P. Nel

Frank Hendricks Academic research 2014-04-11

In hierdie artikel val die soeklig op twee streeksliteratuurbundels van Elias P. Nel, naamlik Iets goeds uit Verneukpan? en Mafoiing en annerlike gelofietjies, wat onderskeidelik in 1998 en 2001 gepubliseer is.

Top