Eunice Basson

Eunice Basson is ’n kunshistorikus en dosent in die Departement Kunsgeskiedenis, Visuele Kunste en Musiekwetenskap aan Unisa. Sy het reeds verskeie artikels oor aspekte van die Suid-Afrikaanse Kunsgeskiedenis in vaktydskrifte gepubliseer. Sy is mede-redakteur van die kunshistoriese vaktydskrif de arte, en is tans besig met ’n MA in Kreatiewe Skryfkuns aan UP. In 2009 het sy LAPA-Uitgewers se beurs vir Kreatiewe Skryfkuns ontvang. Haar MA  verhandeling het oor die steendrukke van Bettie Cilliers-Barnard gehandel en haar D.Litt et Phil oor die bydrae van Erich Mayer tot die vestiging van ’n estetiese bewussyn en  bevordering van ’n kunsidentiteit in Suid-Afrika tot aan die einde van die 1930’s.

 

Opgedateer/Updated: 2010-09-23

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan [email protected]
Bio info dated? Send an e-mail to [email protected]

 

“Tyd”-skryfkompetisie: Onderhoud met Eunice Basson

Eunice Basson, Naomi Meyer, Naomi Bruwer Onderhoude 2019-01-24

"My ouers het ons nooit van hierdie baba en hulle verlies vertel nie; konvensie en stilte het in daardie jare die oorhand gehad. Die feit dat my ma hierdie 'geheim' lewenslank op ’n kalender herdenk het, het my destyds eindeloos ontroer en so het hierdie gedig begin vorm aanneem."

Tien vrae: Eunice Basson oor Leiboom

Eunice Basson, Naomi Meyer 2014-11-26 "Klank en beeld is vir my oorwegend intiem verweef, maar die tema in ’n gedig bepaal dikwels die intensiteit/toonwaarde van ’n klank-beeld-impuls."
Top