Pieter R Strauss

Pieter Strauss is ’n psigiater in privaat praktyk in Abbotsford, hoofnavorser by Okanagan Clinical Trials in Kelowna, en welstandshoof by Sparkling Hill Resort in Vernon, in Brits-Kolumbië. Hy studeer medies en spesialiseer in psigiatrie aan die Universiteit van die Vrystaat, en emigreer in 1995 na Kanada. Van 2011 tot 2014 was hy hoof van psigiatrie by die Abbotsford-streekshospitaal. Sy kliniese werk fokus veral op gemoeds- en angsversteurings, terwyl sy navorsing nuwe behandelings vir Alzheimer-demensie ondersoek. By Sparkling Hill ontwikkel hy verhoudings- en welstandsprogramme.

Hierinhou

Pieter R Strauss Poësie 2026-06-19

"so hard onthou
wat dit was
om te leef ..."

Katalogus van huisgode

Pieter R Strauss Poësie 2026-06-11

"Selfs die nagliggie in die kiddo
se kamer ’n wenskers van genade"

Geniebottel

Pieter R Strauss Poësie 2026-06-04

"Hy maak die venster
oop en nooi die wind binne,
omdat dit
waai."

Top