Dorothea van Zyl

Prof Dorothea van Zyl doseer Afrikaanse en Nederlandse letterkunde in die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch. Sy is as direkteur van die Woordfees & Woorde Open Wêrelde (WOW)-projek sterk gemoeid met die bevordering van letterkunde, kuns en kultuur op skole, universiteite en in die gemeenskap, en as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek nóú betrokke by samewerking tussen Suid-Afrika en die Nederlande.

 




Opgedateer/Updated: 2010-04-30
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

US Woordfees 20 Jaar! Herinneringe aan die eerste fees

Dorothea van Zyl Feeste 2019-03-17

"Te gou breek die groot aand aan: 17 Maart 2000. Dis tyd vir die Woordfees se Nag van Passie! Die eerste nuwe fees van die nuwe millennium." Dorothea van Zyl deel haar herinneringe aan die eerste Woordfees.

Red die SASNEV-gebou in Pinelands

Dorothea van Zyl NeerlandiNet 2015-12-15

Die Curatorium van die Willem de Zwijger Stichting in Nederland beoog om die gebou van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands te verkoop. As jy nie saamstem met die verkoop van die gebou nie, teken hierdie petisie.

DJ Opperman 100 jaar: Dorothea van Zyl se bydrae

Dorothea van Zyl 2014-09-29 Die digter DJ Opperman sou op Maandag 29 September 2014 honderd jaar oud geword het. Onlangs het die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch 'n feesvieringsgeleentheid in die Wilcocksgebou op die kampus aangebied waar sy menslike nalatenskap geëer is. Dorothea van Zyl (organiseerder en aanbieder van die aand) deel haar bydrae by dié geleentheid.

Siedaar, vyftien jaar – Dorothea van Zyl gesels oor US Woordfees 2014

Dorothea van Zyl, Naomi Meyer 2013-12-12 Dit is nog 2013, maar US Woordfees 2014 se program is reeds bekendgestel. Naomi Meyer gesels met Dorothea van Zyl, feesdirekteur vanaf die fees se begin, oor die magiese fees wat sal wees.

T’sats se kind bevestig die belangrikheid van Willem D Kotzé se preserveerkuns in Afrikaans

Dorothea van Zyl 2008-11-26 In die voorwoord tot T’sats se kindnoem die skrywer dat die boek ’n vervolg is op T’sats se wraaken dat daar gevolglik “enkele terugflitse” sal wees na die vorige boek, hoewel dit ’n verhaal op sy eie is.
Top