Derick Muller

Derick Muller is die stigter en hoof van The Suits Communications, ’n reklameagentskap in Kaapstad. In 2007 is sy debuutjeugroman, Vuil skottelgoed, as die wenner in die Afrikaanse kategorie van Human & Rousseau se Ek is ’n skrywer-kompetisie aangewys. In 2015 het hy sy MA-verhandeling in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad voltooi.

In 2016 stig Derick en Karin Muller die Suid-Afrikaanse kuns- en literatuurjoernaal Ambassadeur, met vernuwende langformaat-mode-artikels vir onder meer die internasionale modehandelsmerk Gucci.

In 2017 het Derick sy meestersgraad in besigheidsadministrasie (MBA) by die Universiteit van Kaapstad se Graduate School of Business voltooi. In 2018 het hy sy MBA-studie verleng en vir ses maande as uitruilstudent aan Yale-universiteit se bestuurskool in Connecticut studeer. Sy eerste vollengtefilm, Wesens, word in Oktober 2020 in teaters in Suid-Afrika en Namibië vrygestel.

 

Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniël Lötter: ’n resensie

Derick Muller Resensies 2021-09-01

"Geniet die boek, maar moet dit liefs nie na donker aanpak nie."

Afrikaanse wetenskapfiksierolprent Wesens binnekort in teaters

Marli van Eeden, Derick Muller Onderhoude 2020-10-22

Die rolprent speel af op ’n plaas in die Karoo in 1967, waar ’n vreemde voorwerp geland het en vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensiediens-agente vervolgens onder streng geheimhouding ondersoek instel. Wat volg, is ’n raaiselfilm wat jou tot op die laaste oomblik boei. Die skrywer en regisseur Derick Muller vertel meer. Wesens is landwyd van 23 Oktober af in teaters te sien.

Die skrywer as handelsmerk

Derick Muller 2014-07-24  
Top