Deon Knobel

Deon Knobel beskryf homself as ? realistiese aartsromantikus.

As vierde van sewe kinders van Gideon en Esther (Roux) bring die Knobels saam met twee niggies sorgvrye kinderjare deur op die familieplaas Vêrsien. Sy moeder het gesorg vir hulle kulturele prikkeling terwyl die besoeke van Erna Sack, Elizabeth Schuman en Heinrich Schlussnuss 'n blywende indruk laat en waarskynlik die inspirasie was vir sy eie latere klassieke sangloopbaan. Hy toon groot musikale talent en verwerf selfs eenmaal die hoogste punte van alle kinders op Bethlehem vir sy Gevorderde Unisa klaviereksamen. Na matriek studeer hy medies op Stellenbosch en verwerf sy MBChB in 1962 met hoogste onderskeiding. As student begin hy met formele sanglesse, en van sy derde tot in sy finale jaar word vier Lieder-sangopnames deur die SAUK gemaak en uitgesaai.

Na sy huisdokterjaar sluit hy aan by die Staatslaboratorium vir Patologie "om meer tyd te hê vir [sy] eie sangloopbaan en kulturele aktiwiteite." In 1985 word hy Hoofspesialis/Professor en Hoof van die Departement Regsgeneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad waar hy in 2000 die gesogte toekenning as "Uitmuntende lektor" (Distinguished teacher) ontvang. Met die aanvang van die vigs-pandemie in 1981/2 word hy 'n verwoede vegter vir die menseregte van persone met MIV/vigs. Na aftrede in 2004 lê hy hom toe om die oeuvre van sy Sestigerbroer, Wilhelm Knobel, op te diep en uit die vergetelheid te laat herrys. Oor die droefheidsproses en berading word hy 'n gesogte gasspreker. In 2006 word 'n dokumentêre film, ... en skielik is dit aand … oor aspekte van sy lewe en werk deur twee oud-studente gemaak en verdien sedertdien groot lof by filmfeeste. Sy eie kreatiewe skrywersdrang word in September 2007 geprikkel na die ope uitnodiging deur Etienne van Heerden vir bydraes tot Vintage op LitNet en sedertdien het talle bydraes reeds op LitNet verskyn.

’n Brief aan Wilhelm Knobel oor Wopko Jensma

Deon Knobel Menings 2016-12-14

"ék noem hom trae vis
en hang hom teen my muur:
my moeë gees swem ewe traag
deur stapels werk"

Gedagtes oor bipolariteit

Deon Knobel 2013-06-03  “Ek kom uit ? geslag waar my vader sowel as my moeder se voorgeslagte “senuweeprobleme” gehad het en talle lede van hulle nageslag nou met bipolariteit saamleef.”

Brief aan Wilhelm – Sondag 13 Januarie 2013

Deon Knobel 2013-01-29 "Ek wonder weer wat maak dat ’n jong man wie se ouers sendelinge is, saam met sy broer ’n ou man katswink slaan en hom dan, volgens Die Burger en Rapport, uitmekaar sny terwyl hy nog lewe?"

"Liriek van Pringlebaai" deur Deon Knobel

Deon Knobel 2012-11-26 Spore in die sand van die vroeë môre Pringlebaaise strand
Ragfyne lyne van t’rugtrekkende branders
soos op die palm van jou hand

Brief aan Wilhelm - 5 November 2012

Deon Knobel 2012-11-13 Ons suster Thereschen, ek en swaer Peter was Sondagoggend 28 Oktober 2012 na Riebeek-Wes om die skilderyuitstalling en die bekendstelling van Hannetjie de Clercq se lewensverhaal in boekvorm by te woon.

Liewe Wilhelm 25 Oktober 2012

Deon Knobel 2012-11-07 Die verdere nuus is dat ek uiteindelik sover gekom het om die meerderheid van jou dokumente te orden, waaronder heelwat handgeskrewe eerste variasies van talle van jou gedigte, maar die meerderheid getik op jou ou Remington waarvan elke blad se pons-gaatjies met stewige ronde plakkertjies versterk is.

Is John Kannemeyer se verslaggewing oor sy navorsing by die skryf van ’n biografie altyd foutloos?

Deon Knobel 2012-04-11 Dit is met groot huiwering en versigtigheid dat besluit is om die inhoud van hierdie onverwagte histories-foutiewe gegewens oor die onlangs-gestorwe John Kannemeyer bekend te maak.

Brief aan my broer Wilhelm na die publikasie van die versamelbundel

Deon Knobel 2011-09-01 Liewe Wilhelm Ja! Ja! Ek weet ek het jou vir maande afgeskeep. Jy sal my vergewe as ek jou vertel dat die werk aan die publikasie van jou versamelbundel As die woorde begin droom ’n volle agt maande geduur het. 

Kyk my in die oë: ’n Openhartige en dapper weergawe van bipolêre stoornis

Deon Knobel, Deon Knobel 2011-07-13 Hierdie boek oor bipolêre gemoedstoornis, Kyk my in die oë deur Elsabé Brits, vul ’n groot leemte in die Afrikaanse literatuur. Dis die aangrypende verhaal van ’n talentvolle en sensitiewe persoon wat ook hoogs bekwaam is in haar werk en reeds talle ...

Kyk my in die oë: ’n Openhartige en dapper weergawe van bipolêre stoornis

Deon Knobel, Deon Knobel 2011-07-13 Hierdie boek oor bipolêre gemoedstoornis, Kyk my in die oë deur Elsabé Brits, vul ’n groot leemte in die Afrikaanse literatuur. Dis die aangrypende verhaal van ’n talentvolle en sensitiewe persoon wat ook hoogs bekwaam is in haar werk en reeds talle ...

Brief aan my broer, Wilhelm: Oor die versamelbundel

Deon Knobel 2011-03-17 Liewe Wilhelm
Ek gaan nie eers probeer onthou wanneer laas ek aan jou geskryf het nie. Maande der maande gelede, in elk geval. Dalk moet ek jou vertel wat die rede is en dan kan jy self oordeel of ek skuldig is of nie.

Brief aan Wilhelm - 27 September 2010

Deon Knobel 2010-10-07 Liewe Wilhelm
Ek was nie werklik van plan om so gou weer aan jou te skryf nie, en die volledige inligting oor my Versindaba-optrede is nog nie eers gepos nie. 

Brief aan Wilhelm - 29 September 2010

Deon Knobel 2010-10-07 Liewe Wilhelm

Jong, nou kan ek nie meer byhou nie. Soveel het die laaste tyd gebeur. 

Brief aan Wilhelm

Deon Knobel, Deon Knobel 2010-09-30 Naand Wilhelm Ek is jammer ek het jou die laaste tyd so afgeskeep, maar vanaand het ek tog vir jou interessante nuus ...
Top