"Liriek van Pringlebaai" deur Deon Knobel

  • 0

Liriek van Pringlebaai

Spore in die sand van die vroeë môre Pringlebaaise strand
Ragfyne lyne van t’rugtrekkende branders
soos op die palm van jou hand
Op Pringlebaai se strand in die vroeë oggenduur
leer jy om kwellings van die lewe te verduur

Van Trix se trein tot by Buffelsriviermond
op die strand van Pringlebaai in die vroeë môrestond
hoor jy die refrein van wind en see
Van krysende meeue swewend op die bries
en ? oestervangerpaar wat oor kleintjies hul verknies

Waar honde saam met kinders in die branderskuim baljaar
weerklink steeds die refrein van wind en see
Van krysende meeue wat swewe op die bries
Van ? oestervangerpaar paar wat kla oor hul verlies
van kleintjies meegesleur deur ? wilde somersee

Spore in die sand van die vroeë môre Pringlebaaise strand
Waar jy kwellings van gister vir vrede kan verpand
Weerklink steeds die refrein van wind en see
van krysende meeue swewend op die bries
Swewend, swewend, swewend op die bries

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top