Chase Rhys

Chase Rhys, in 1989 gebore, is ’n outeur, rubriekskrywer, draaiboekskrywer en dramaturg van Ocean View. In 2019 was sy debuutroman, Kinnes, die wenner van die kykNET-Rapport-boekprys (fliekkategorie) en die K Sello Duiker-toekenning by die South African Literary Awards. Hy het ’n graad in drama aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Pil

Chase Rhys Stemme | Voices | Amazwi 2023-08-16

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Chase Rhys se dialoog Pil vertolk Enrico Hartzenberg en Morné Steyn die rolle. Basil Appollis was in die regisseurstoel.

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

Naomi Meyer, Chase Rhys Skole 2021-09-01

"Vi leerders wat wel Kaaps praat, gloe ek dattie ontmoeting van hul hystaal innie klaskamer ’n geleentheid bied vi heelheid en alignment. Ek hoep dat it hulle laat besef dat hulle tys sowel as op skool hul outentieke self kan wies.  Vi leerders wattie tys Kaaps praatie, maak blootstelling aan hierdie taal hul gedagtes oep. It gie hulle mee geleentheid om bewus te wôd vannie diversiteit vannie Afrikaanse taal en allie verskillende mense wat it praat."

#opdielug met Chase Rhys

Robyn van de Rhede, Chase Rhys Onderhoude 2020-09-11

Robyn van de Rhede gesels met skrywer Chase Rhys oor Kinnes, Kaaps en verteenwoordiging.

Onderhoud met Chase Rhys, skrywer van Kinnes, ’n novelle

Mercy Kannemeyer, Chase Rhys Skrywersonderhoude 2018-10-24

"Vind uit wie jy is en skryf dan van daai posisie. Om persoonlike ervarings in jou skryfwerk te gebruik hoefie seer te wies nie – jy sal verstaan dis net deel van jou story, dis nie wie jy is nie." 

Top