Pil

  • 1

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.

In Chase Rhys se dialoog Pil vertolk Enrico Hartzenberg en Morné Steyn die rolle. Basil Appollis was in die regisseurstoel.

Pil

Chase Rhys

 

Karakters

BILLY: 32. Kaaps. Bruin. Non-binary. All pronouns. Queer.

JAE: 33. Kaaps. Bruin. Non-binary. Pronouns: hulle/ they/ them. Queer.

 

BILLY: Dié’s mos ’n lank pil.

JAE: Wiet jy wat’s langere?

BILLY: Sê vi myyyy.

JAE: Tyd wanne jy weg is.

BILLY: OMG nee, corny!

(PIL IN MOND)

JAE: Wag eeste, spieg it yt!

BILLY: En nou?

JAE: Moenie it net soe slukkie. Maak ees ’n ceremony.

BILLY: ’n Ceremony? Soes ’n Olympic opening ceremony? Moet ek nou hie dans voo ek my pil vat?

JAE: Ek mean maa, dié’s ’n moment wat jy virrie res van jou lewe ga onthou.

Maak it special. Ritualise it. Stiek ’n kers an en dan va …

BILLY: Ritual? Watse doekoem gan dan nou hie an? Moet ek nou imphepu  en mijang-stokkies oek brand?

JAE: Nee, wel, as jy wil, maa daisie wat ek meanie.

BILLY: Good, wan ek het anyway nie ’n lighterie.

JAE: Ek wil net hê dat jy ’n moment vat. Jou lewe gan ve’anne nadat jy dai pil vat. Ek dink is belangrik dat ôs dai acknoweldge. Sê it. Sê iets. Kô, ek is jou getuie. Ek’s hie vi jou.

BILLY: My naam is Billy Miller, ek’s dankbaa vi die pille …

En atappelskille, my hond dra brille en my kat dra krulle.

JAE: Okay, is jou moment – as jy ‘n joke daaryt wil maak, dan moet jy maa …

BILLY: Alright, okay.

Ek vat die pil vi Jae, my love. Ek vat die pil soedat ek eventually undetectable kan wies en hulle nie mettie virus anstiekkie.

JAE: Ek’s op prep, maa nou is ôs double protected.

BILLY: Ek wiet maa nog once. Ek vat die pil, vi Jae, my love wat my gemotivate it om myself te toets. Ek is lief vi jou.

JAE: En ek is lief vi jou.

BILLY: Ek vat die pil vi my ma, soedat sy nie hoef te sien hoe HIV haa kin doodmaak ie soes sy gesienit hoe it met haa broe gemaakit nie.

Ek vat die pil vi my uncle wat in 1991 ienage iets sou gedoenit om ARV’s innie hanne te kry. Ek is dankbaar. En ek is jammer. Ek vat die pil vi myself. Vi my jonger self, my inner child wat vi jare suspect it maa te bang gewiesit om yt te vind. Nou wiet ôs. Ek is hie vi jou en ek sal jou protect. Jy hoefie mee te worry nie, ôs gan nou heal, ek gan vesieke maak daavan.

(BILLY SLUKKIE PIL)

JAE: (BADLY SINGS ’N PAA BEATS YT KYLIE MINOGUE SE SONG: “DANCING”: CAN’T STAND STILL / I WON’T SLOW DOWN / WHEN I GO OUT I WANNA GO OUT DANCING …)

BILLY: Eindig jy my ceremony met ’n Kylie Minogue number?

JAE: Sy’s mos jou special interest, jou favourite?

BILLY: Ja, ek’s net surprised, die’s die eeste kee wat ek hoo jy sing.

JAE: Ek kannie singie, that’s why. Maa ek’t gedink dié’s n special occasion. Het jy Kylie Minogue request of moet ek ophou sing?

BILLY: Ienage iets klink nice as jy it sing. Jy’s my Kylie discography.

JAE: OMG oulik, skryf dai laaste line nee soedat jy it eendag in ôse wedding vows kan gebryk.

***

Stemme is supported by the National Arts Council.

Stemme is ’n Nuwe Skryfwerk-projek van LitNet en word ondersteun deur die LW Hiemstra Trust.

Al die monoloë is op hierdie blad beskikbaar:

Stemme in 2023 | Tien dialoë

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top