Carolyn Meads

Carolyn Meads is die uitgewer by NB-Uitgewers se Kwela-druknaam. Sy was voorheen redakteur by Queillerie, en ook by Umuzi.

Sy beskik oor ’n BA-graad in Geesteswetenskappe, ’n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands en ’n BPhil-graad in Joernalistiek.

Haar loopbaan het in die joernalistiek begin en sy was onder meer die besturende redakteur van die literêre webtuiste Books LIVE voordat sy die skuif na die uitgewerswese gemaak het. Enkele van haar kortverhale is al gepubliseer, insluitend een in Nuwe Stories (Human & Rousseau 2012) en een in Wys:Woordfeesbundel (SUN MeDIA 2017). 

PEN Afrikaans: Om boeke in Kaaps te publiseer

Carolyn Meads PEN Afrikaans 2020-03-31

In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks "Die wêreld van die skrywer" vertel Carolyn Meads, fiksie-uitgewer by Kwela Boeke en bestuurslid van PEN Afrikaans, meer oor boeke in Kaaps uitgee. Sy skets ook die historiese agtergrond en steek by skrywers kers op.

Frankfurtse Boekebeurs ’n barometer vir tendense in die boekbedryf

Carolyn Meads Menings 2018-11-07

"Die Frankfurtse Boekebeurs, wat vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier, is die grootste en oudste van sy soort, met ongeveer 7 500 tentoonstellers van oor ’n honderd lande wat daaraan deelneem."

Maanskyn en rose? 'n Gesprek oor liefdesverhale

Carolyn Meads, Naomi Meyer Onderhoude 2016-05-20

"Om voortdurend op ’n geloofwaardige manier die spanning tussen die held en die heldin te behou, verg vernuf. Boonop word daar van ’n liefdesverhaalskrywer verwag om die emosie van ’n ontluikende romantiese verhouding so getrou uit te beeld dat die leser dit ervaar asof sy sélf weer van voor af verlief raak – nie ’n eenvoudige taak nie."

Die boekbekendstelling

Carolyn Meads 2012-09-26 Carolyn Meads se kort-kortverhaal spesiaal vir LitNet.
Top