Anton Döckel

Anton Döckel is op Laingsburg gebore en getoë. Hy het jare as ’n programmeerder en rekenaarkundige in Suid-Afrika en Skotland gewerk. Sedert 1964 skryf hy gedigte. Sy jeugroman, Om te wen (1987), en kortverhaalbundel, Terug na Klein Paradys (1990), het by Human & Rousseau verskyn. ’n Kortverhaal oor die Laingsburg-vloed is in Die Afrikaanse Kortverhaalboek.  In 2017 is van sy gedigte in die bundel Nuwe Stemme 6 ingesluit. Sy droom is dat ’n uitgewer eendag die manuskrip van sy roman, tans onder rekonstruksie, ernstig sal opneem.

KZ Mauthausen

Anton Döckel 2013-06-17 "Die ingang na die Mauthausen-kamp is 'n groot boog met 'n dubbele houthek in 'n grimmige netjiese muur van granietklip. Die Nazi-embleem van die arend wat bo die hek in yster gemonteer was, is deur die vrygelate gevangenes afgebreek, [...]"

Heil die leser

Anton Döckel 2013-04-08 Red die leser inderdaad. Ons is die mense wat boeke aan die gang hou, is ons nie?
Top