anton goosen het 'n langpad gestap vandat hy as student per trein gereis het van heidelberg waar hy studeer het, na oos-londen om 'n 15-minute set te doen by 'n plaaslike verskeidenheidskonsert. die jong anton goosen het hoofsaaklik engelse covers gespeel en dit is nie bekend of enigeen in die gehoor besef het watter impak anton op die suid-afrikaanse musiekbedryf in die algemeen en meer spesifiek die afrikaanse musiekbedryf gaan hê nie.
na skool met geen onmiddellike musikale loopbaan in die vooruitsig nie het hy homself as onderwyser bekwaam en ook dan onderwys by st stithians gegee, terwyl hy saans in kroeë speel. tydens sy termyn by st stithians skryf hy die musiekblyspel jantjie wat deur die leerlinge opgevoer word.
anton verlaat die onderwys in 1976 en begin as deeltydse resensent by die nuutgestigde Beeld werk. hy gee in die tyd ook kitaarklasse en pottebakkeryklasse. sy eerste onderhoud as beeld se musiekresensent was met die relatief onbekende sonja heroldt, wie se "ek verlang na jou" toe pas begin het om gewildheid te verwerf. tydens die onderhoud noem anton aan sonja dat hy ook liedjies skryf en na sy hom by sy huis besoek het, en deur sy liedjieversameling geblaai het, kies sy "jantjie" om te sing en dit word haar tweede groot treffer. dit was die begin van 'n suksesvolle werksverhouding wat vir byna vier jaar geduur het. anton skryf in dié tyd ook liedjies vir carike keuzenkamp en laurika rauch, terwyl richard clayderman en francis goya beide "waterblommetjies" opneem.
in 1979 skryf anton die temamusiek vir die rolprent pretoria o pretoria. die temalied uit dié rolprent, die oorspronklike weergawe van "kruidjie-roer-my-nie" word binne vier dae na uitreiking verbied. dit begin ‘n lang reeks van sauk inperkings vir anton goosen. anton herskryf die lirieke van "kruidjie" en die kortspeler van nuwe liefdesweergawe verkoop 40 000 eenhede. hierdie is die eerste kommersieel suksesvolle opname van anton goosen.
in dieselfde jaar reik hy sy eerste album uit, wat ook die eerste afrikaanse album ooit deur ‘n sanger was wat sy eie liedjies in afrikaans geskryf het. boy van die suburbs verkoop 80 000 eenhede. op die album breek anton nog nuwe grond vir afrikaans. "blommetjie-gedenk-aan-my" word algemeen beskou as die eerste rocksong in afrikaans en die rigting wat anton hierna ingeslaan het besorg later aan hom die eretitel "vader van afrikaanse rock".
die protes teen die status quo wat altyd onderliggend aan rock is, was ook deel van anton goosen se bydrae. "antjie somers" en "hanoverstraat" is van die eerste liedjies in afrikaans wat teen gedwonge verskuiwings geprotesteer het. "mpanzaville" opgeneem deur laurika rauch dra sterk verwysings na die soweto-onluste. die atkv verbied anton om by hulle verhoë op te tree na hy grappies tydens ‘n crescendo-optrede in die stadskouburg oor die nasionale vlag gemaak het. die verbod word later onder druk opgehef. hy skok ook die gehoor by ‘n kulturele konsert by unisa toe hy met ‘n rockband opdaag vir sy optrede. sowat 300 van die 1200 mense in die gehoor loop uit tydens die drom-solo.
in samewerking met onder andere laurika rauch, koos du plessis en clarabelle van niekerk begin anton in 1979 die musiek en liriekbeweging. dit is al oor die tydperk gesê dat afrikaanse musiek in twee kategorieë verdeel kan word. dit wat voor anton goosen gebeur het en dit wat na anton goosen gebeur het. hy wen ook twee saries in die tyd.
anton verlaat later die musiek en liriek beweging en vir meeste van die tagtigs sal hy voortbou op die rockgrondslag wat in die laat sewentigs gelê is. uitgebreide toere deur suid-afrika en namibië volg in die tagtigs en hy verkoop oor die 400 000 plate.
in 1983 doen anton die regie van wildebeest, die eerste afrikaanse rockalbum. anton vestig homself as ‘n suksesvolle producer en die talent van hom sal veral in die negentigs na vore kom toe hy die baie suksesvolle elke boemelaar se droom produseer vir koos kombuis en ook die krities geloofde om te breyten album.
in 1985 sluit anton ‘n platekontrak met peter gallo op ‘n melkbottel. dit is die begin van ‘n verbintenis wat nou nog stewig staan. nog twee suksesvolle albums volg: lappiesland en liedjieboer innie city/stad. in die albums verken anton, wat toe pas na gansbaailapa sy plasie langs die hennopsrivier getrek het, sy etniese oorsprong. jare hierna sou hy op die putonnerwater album die song gansbaailapa aan sy ondersteuners bekendstel.
in 1989 slaan anton 'n nuwe rigting in, saam met lukas maree, helena hettema en karlien van niekerk stig hy die groep die kommissie van ondersoek - 'n tong in die kies verwysing na die vele kommissies wat die nasionale party tydens hulle bewind saamgestel het. die liedjie "winde van verandering" word onmiddellik deur die sauk verban. die liedjie loop die geskiedkundige gebeure van 2 februarie 1990 vooruit. toe die sauk snuf in die neus kry van die veranderinge wat kom, ontban hulle die liedjie en "winde van verandering" word 'n radiotreffer.
tussen 1990 en 1992 werk anton goosen aan danzer. hy toer ook saam met rockbands soos jack hammer en die backwater blues band. die titelsnit van die danzer album waar anton en lucky dube saamsing haal gelyktydig die nommer een posisie op die 5 fm treffersparade asook radio metro. nie net was die album 'n kommersiële sukses nie, kritici was ook gaande daaroor.
gedurende die res van die negentigs reik anton nog 'n nuwe album, bushrock, uit. riviersonderend en putonnerwater - anton se twee greatest hits albums word ook in die tyd uitgereik. in die laat negentigs neem anton tyd om homself te herontdek. hy bou sy huis klaar en reis deur afrika.
vis in die bos wen in 2002 vir anton goosen 'n sama vir beste album. die album word deur kritici beskryf as die eerste suksesvolle world music album in afrikaans. anton breek weereens nuwe grond vir afrikaans. sy bydrae tot afrikaans word deur die letterkundige gerrit komrij erken toe sy lirieke in 'n poësieversamelbundel ingesluit word. in 2002 ontvang anton goosen 'n geraas-toekenning vir sy bydrae tot afrikaanse musiek.
die pad is lank maar hy is nog nie klaar geloop nie. die pad loop ook nie net deur afrika nie, maar daar is ook reeds vier suksesvolle londen shows agter die blad. sy pad loop ook nie alleen nie, maar loop saam met baie ander en diverse kunstenaars. anton is veral bekend daarvoor dat hy verskeie jong kunstenaars help om hul eie paaie te bou. daarvan getuig die reeks anton en vrinne shows wat hy op kunstefeeste aanbied ...
Bron: www.antongoosen.co.za
Opgedateer/Updated: 2006-11-22
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za