Anton Goosen oor David Kramer

  • 0
Anton Goosen

My gunsteling van David is ... 

... omtrent alles wat hy al opgeneem het, maar ek het ook gunstelinge wat mekaar afwissel. 

My boodskap aan David is ...

Ons ken mekaar al sedert 1980 en sedertdien is daar hierdie ongelooflike wedersydse respek. Ons het van die begin af baie dieselfde gedink oor die land en sy mense. Ek dink musikaal het hy die landskap so goed as 'n mens kon, ingekleur. David se waarnemingvermoë is universeel en sy musiek ook tydloos. Wat my betref, is hy een van ons heel grootstes. Op die verhoog was hy nog altyd uitstaande, maar sonder sy skryfbydrae sou ons musikaal baie armer gewees het. Ek het nog altyd gehou van wat hy doen en hoe hy dit doen.
https://mail.google.com/mail/u/2/images/cleardot.gif

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top