Angie Kleijn

Angie Kleijn woon bo-op die Bronberg in die landelike gebied buite Pretoria saam met haar man Gerhard en 'n spul honde, katte, perde, ganse en hoenders. Saam het hulle in 2002 Die Bronberger, 'n onafhanklike gemeenskapspublikasie wat elke maand in glanstydskrif-formaat verskyn, begin. In 2006 het hulle nog 'n gemeenskapspublikasie, Die Riemlander, in die Noordoos-Vrystaat begin. Angie is 'n vryskutjoernalis en -kopieskrywer. Sy het haar BA-graad by Tukkies gedoen en haar nagraadse studies in filosofie by Unisa. Sy was die 2003-wenner van die Bent Uitgewers/ATKV Apporteerverse. Van haar gedigte verskyn ook in Nuwe Stemme 3 en in die Eugène Marais-gedenkalbum, Honderd jaar later.

 

Opgedateer/Updated: 2006-10-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

 

Wanneer?

Angie Kleijn 2007-06-14 “Jy moet altyd met ’n erection skryf. Al is jy ’n vrou.” Vanaand voel ek die sinne sneuwel in my lyf. Gatvol geherkou aan ingeslukte stemme, bedrieglik geblikte bekendes, bedaard gebalsemde bokkapaters wat in ...

Rimpels

Angie Kleijn 2007-06-14 Living is a form of not being sure, not knowing what next or how … [we] never entirely know. We guess. We may be wrong, but we take leap after leap in the dark. – Agnes de Mille Ek weet vandag nog minder as toe. Daar’s ...

Saal 7

Angie Kleijn 2007-06-14 Hier is dit nooit warm nie. Hier is dit nooit koud nie. Hier waar die aircon se wit gedruis voetstappe benoud insluk en lank na middernag eers weer uitspoeg en wys. Hier waar ons wag op die rand van wees en was. Besoekers ruik na die ...
Top