Adam Willemse

Adam Willemse is ’n skrywer en hoërskoolonderwyser van Vishoek in Kaapstad. Sy eerste skryfwerk is as tiener gepubliseer in die destydse JIP-bylae van die Beeld-dagblad. Hy is die trotsste op die keer toe een van sy kortverhale in De Kat se Vonkfiksie-bundel opgeneem is. Daar is ook van sy skryfwerk te vinde in die LitNet-argiewe. Hy hou daarvan om stories te vertel, en skryf minder as wat hy graag sou wou. Wanneer hy nie skryf nie, waag hy sy hand aan beeldende kuns of versorg hy sy groeiende versameling orgideë. Saans kan jy hom vind op sy rusbank met ’n Skandi-noir reeks op die TV, besig om te hekel, met ’n worshond of twee teenaan hom opgekrul.

(Foto: Charmé Kriel)

Hoe wys jy liefde? En hoe wil jy liefgehê word?

Adam Willemse Menings 2023-10-02

"Liefde is nie soos sjokoladekoek wat minder word soos ’n mens die stukke uitdeel nie."

Wie versorg die versorger?

Adam Willemse Menings 2023-08-07

"’n Kollega van my wie se ma ’n jaar gelede oorlede is nadat sy lank siek was met Alzheimers, het vir my gesê dat humor dikwels haar redding was. Soms wil jy jou leeg huil oor wat met jou ma, eggenoot, familielid gebeur. Ander kere kan jy maar net lag."

Top