ATKV-Rieldansfinaal 2013

  • 0

Die stof is behoorlik losgetrap by die agste ATKV-Rieldansfinaal wat op 7 Desember by die Liquifruit Amfiteater (Afrikaanse Taalmonument, Paarl) plaasgevind het. Gaskunstenaar David Kramer het die gehoor op hulle voete gehad. Die seremoniemeester was Lynette Francis.

Die groepe wat die siel van die riel uitgeleef het, was die volgende:

Senior groepe: Witzenberg (2009, 2010, 2011 en 2012 se senior kampioene), Grasvlei Grastrappers (Wupperthal), Griekwa Ratelgat (Vredendal), Suurrug Suurtrappers (Wupperthal), en Boesmanland Bitterbessies (Loeriesfontein).

Junior groepe: Bêtjies van Bêtjiesfontein (Elizabethfontein), Rapystone (Fraserburg), Nuwe Graskoue Trappers (Wupperthal), Korbeel (Carnarvon), en Calvinia Sitstappers.

Luide applous vir David Kramer

Tradisionele kitare

Abraham van Rooy – die Suurrug Suurtrappers (Wupperthal)

Nuwe Graskoue Trappers (Wupperthal)

David Kramer

Lynette Francis en David Kramer

Trap hom vas!

Griekwa Ratelgat (Vredendal)

Grasvlei Grastrappers (Wupperthal)

Links: Jerome Steenkamp, ATKV-groep, Projekorganiseerder: Onderwys
Regs: Danny Titus, ATKV-groep, Uitvoerende Direkteur: Kultuur

Links: Elias Nel, ATKV-Projekorganiseerder
                    Regs: Claude Schroeder, Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit

Bo: Kampioen (Seniors): Boesmanland Bitterbessies (Loeriesfontein)
Tweede plek: Suurrug Suurtrappers (Wupperthal)
Derde plek: Griekwa Ratelgat (Vredendal)

Bo: Kampioen (Juniors): Nuwe Graskoue Trappers (Wupperthal)
Tweede plek: Bêtjies van Bêtjiesfontein (Elizabethfontein)
Derde plek: Calvinia Sitstappers

ATKV-Rieldans: “Dit moet wees.”

 

Kyk hier na 'n video van die ATKV-Rieldansfinaal 2013

 

 

Kyk hier na 'n video van die ATKV-Rieldansfinaal 2012

 

  • Foto's en videos: Menán van Heerden

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top