
Die ATKV het boeke ingesamel en aan die skool oorhandig, hiermee sy bedankingsbrief en foto.
Weer eens baie dankie vir die donasie biblioteekboeke wat ons vanaf die ATKV ontvang het. Ek wil u verseker van ons opregte dank en waardering. Op die foto verskyn vlnr mnr I Langeveldt (addisionele lid van ATKV Twaalfuurkop-tak), mnr SJ Adonis (Prinsipaal van Swellendam Sekondêr), dr Hans Steyn (Voorsitter van ATKV Twaalfuurkop-tak), me Joan van Zyl (Tesouriere van ATKV Twaalfuurkop-tak).
Groete!
SJ Adonis, prinsipaal, Swellendam Sekondêr