Help ons skool, asseblief!

  • 1

Ons is in die proses om ons skoolbiblioteek van die grond af toe te rus. Ons het tans 5 x rekenaars, 20 x tafeltjies, rakke, blindings vir vensters en ongeveer 800 boeke uit eie fondse bekom. Ons skool beskik oor 1034 leerders (graad 8 - 12) en 32 opvoeders. Ons leesvlakke van veral graad 8 en 9 leerders is kommerwekkend. Ons is in vennootskap met ’n organisasie in Kraaifontein om te help met ons leerders se leesvaardighede. Ons benodig dringend hulp met die volgende: fiksie, nie-fiksie boeke, ensiklopedieë, woordeboeke, tydskrifte, 25 stoele, printer, fotostatiese masjien, internettoegang en befondsing om bibliotekaris/esse aan te stel. Dit sal waardeer word indien u op welke wyse kan help. Dankie by voorbaat.

Mnr SJ Adonis, Prinsipaal, Swellendam Sekondêr.

Tel 0285142257 faks 0285143422

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top