ATKV-Crescendo: Grensloos bekendgestel

  • 0

16-12-10-atkv-crescendo-1328

Atlantis het op 10 Desember gedreun toe Grensloos, ATKV-Crescendo se jongste CD, vrygestel is.

16-12-10-atkv-crescendo-1045

Pedro Kruger, wat vir die afronding van Saterdagaand se produksie verantwoordelik was, en HemelBesem was die aanbieders.

i16-12-10-atkv-crescendo-i6432

Anna Davel het die aand geopen. Anna is een van die mentors van ATKV-Crescendo se deelnemers.

Opleiding, selfs gedurende die keuring, is intensief. Die ATKV stuur musikante soos HemelBesem, Anna Davel, Danie du Toit van Spoegwolf, Babette Viljoen, Olga Leonard,  YOMA, Die Hooflig en Pedro Kruger na plekke soos Mitchells Plein, Atlantis of Promosa, ’n baie arm buurt net buite Potchefstroom. Daar word rou talent raakgesien. Enige een wat bereid is om hard te werk, word dan genooi na ’n werkswinkel. Uit hierdie werkswinkels word ’n volgende groep gekies vir ’n week van intensiewe opleiding. Die hardste werkers word dan genader om deel te hê aan die ATKV-Crescendospan.

16-12-10-atkv-crescendo-b0967

Anrich Gericke van Durbanville was volgende aan die beurt. Hy is deel van 2016 se ATKV-Crescendo, so ook Nahraam Samuels van Atlantis.

16-12-10-atkv-crescendo-b0972

Nahraam agter die mikrofoon.

ATKV-Crescendo is nie ’n talentsoekkompetisie nie, dit is ’n langpadstaptog saam met diegene wat honger is vir sukses. Dit was die room, dié wat die hardste wou werk, wat Saterdagaand in Atlantis opgetree het.

16-12-10-atkv-crescendo-b1027

Emma-Jo is ook een van 2016 se room.

16-12-10-atkv-crescendo-b1061

Danie du Toit van Spoegwolf het ook opgetree.

16-12-10-atkv-crescendo-1078

Danie is een van die mentors wat die deelnemers afrig en ondersteun. Sy liedjie “Loerie” is ook op die CD.

“Ons kies nie noodwendig diegene wat nou die beste is nie,” sê Morne van Staden, Projekorganiseerder van die ATKV, “ons kies diegene wat bereid is om hard te werk.”

16-12-10-atkv-crescendo-b1093

Tannie Francis Brown van Atlantis was volgende op die program. Hierdie tannie is in 2014 deur ATKV-Crescendo ontdek en het pas haar eerste musiekvideo vrygestel. Haar snit “Bruin Kind” is ook op die CD.

Anders as baie ander programme, is die finaliste dus mense met die grootste potensiaal vir sukses. “Ons is trots daarop dat ons vir elkeen van die finaliste ’n plan kan uitwerk om hulle te help met hulle toekoms. Sommige deelnemers, soos Whaden Johannes en tannie Francis Brown, kom nou al van 2014 met ons saam, en hulle gaan in die toekoms nog met ons saamloop. Ander kan ons ná ’n jaar met ’n portefeulje en ’n toekomsplan oorhandig aan ’n produksiemaatskappy. Niemand loop egter hier uit sonder ’n toekomsplan nie,” aldus Morne.

16-12-10-atkv-crescendo-1131

YOMA was volgende aan die beurt. Sy is ook ’n mentor en haar snit “Hemelruim” is op die CD.

16-12-10-atkv-crescendo-1141

Die rapper Oxijin, wat Saterdagaand die verhoogbestuurder was, het haar kom daag.

16-12-10-atkv-crescendo-b1153

Erika Botha van Polokwane was daar in ’n leerbroek. Sy is ’n rock-chick, en is ’n skaamtelose bewonderaar van Karin Zoid. Pedro Kruger het Saterdagaand gesê ATKV-Crescendo gaan daaroor dat mense hulle eie stemme moet ontwikkel. Natuurlik mag ’n kunstenaar soos Erika duidelike ikone hê om aan te hang, maar dit was haar vermoë om haar eie werk te skryf wat haar deel van 2016 se ATKV-Crescendo gemaak het.

16-12-10-atkv-crescendo-b1176

Rouvé Constable van Promosa net buite Potch was volgende.

16-12-10-atkv-crescendo-1173

Hier rap hy saam met HemelBesem. Die twee het pas ’n musiekvideo gemaak van Rouvé se lied “Oorweeg”.  Die lied is ook op die CD.

16-12-10-atkv-crescendo-b1198

SchoorsTeen, ook bekend as Lourens van Schoor, was volgende op die verhoog. Hy het elektronies ingeskryf en is ook een van die 2016-span.

16-12-10-atkv-crescendo-b1228

Ruwaan van Potch is by ’n oopmikrofoon-sessie ontdek. Hier tree hy op in Atlantis as deel van 2016 se ATKV-Crescendo.

16-12-10-atkv-crescendo-b1266

Brizano het ’n trein gehaal van Worcester af om ’n oudisie in die Kaap by te woon. Hy het hard gewerk en hier staan hy op die verhoog as deel van die span tydens die sing van ’n sagte, akoestiese ballade oor die liefde.

16-12-10-atkv-crescendo-b1359

Jolene Molele kom van Kimberley en sy kan gooi! Haar musiek is hard, dit is kwaad en dit tref jou. Sy rap. Onthou haar naam, en onthou dat sy deel was van 2016 se ATKV-Crescendo.

16-12-10-atkv-crescendo-b1007

HemelBesem, Jolene se mentor, het volgende opgetree. Sy snit “Dans met Onsekerheid” is ook op die CD.

16-12-10-atkv-crescendo-b1391

Malindi kom uit die verre Noordweste van ons land. Sy sing van Afrikaans, van velskoene, van haar pa en haar oupa. Sy is ook deel van die 2016-span.

li16-12-10-atkv-crescendo-i6555

Whaden Johannes is ook in 2014 deur ATKV-Crescendo ontdek. Sy groei is indrukwekkend. Hy tree deesdae gereeld voor groot gehore op en het al by ’n aantal feeste in ’n toneelstuk opgetree wat hy help skryf het. Sy lied “Mosselbaaipunt” is ook op die CD.

16-12-10-atkv-crescendo-b1420

Die Hooflig, die oupa van Afrikaanse rap en ’n mentor vir die deelnemers, het daarna die verhoog laat dreun met “Armageddon” – ’n snit wat ook op die CD is.

16-12-10-atkv-crescendo-b1424

Die hoogtepunt van die aand was toe die piepklein Jodi Jantjies, wat hierdie jaar in Graad 10 was, die verhoog betree het om “Dis my storie, dis my song”, ATKV-Crescendo se nuwe temalied, te sing.

Dit is eintlik Jodi se eie storie. Sy het ook die lied self geskryf. Jodi het só erg gehakkel tydens die oudisies dat sy gesukkel het om haarself verstaanbaar te maak. Selfs tydens die werkswinkels het sy gekommunikeer deur haar idees neer te skryf en vir een van die mentors te gee om voor te lees. Saterdagaand het sy egter nie net die gehoor op hulle voete gehad met haar sang nie, sy het twee onderhoude toegestaan – sonder ’n pen en papier. Haar groei as kunstenaar, maar ook as mens, is iets waarop die span van 2016, waarvan sy natuurlik deel is, baie trots is.

16-12-10-atkv-crescendo-b0888

William Jacobs was op die klawers en in beheer van die musiek.

16-12-10-atkv-crescendo-b0889

Crayburn Links was op baskitaar.

16-12-10-atkv-crescendo-b0887

Isaac Jones was agter die skrum.

16-12-10-atkv-crescendo-b1289

Lyle Ferreira was op die hoofkitaar.

16-12-10-atkv-crescendo-b1354

Oxijin was die verhoogbestuurder.

’n Kykie agter die skerms: Vooraf

Hierdie paparazzo is toegelaat agter die skerms.

16-12-10-atkv-crescendo-1007

Só gebruik Whaden Johannes voor die tyd Malindi se foon om sy hare reg te trek.

16-12-10-atkv-crescendo-1010

Danie du Toit van Spoegwolf sit ook ’n hand by.

16-12-10-atkv-crescendo-1019

Whaden help weer vir Anrich.

i16-12-10-atkv-crescendo-i6408

Gerrie Lemmer, Hoofbestuurder: ATKV-Kultuurprojekte, saam met Anna Davel en Pedro Kruger.

i16-12-10-atkv-crescendo-i6407

Anna Davel en tannie Francis Brown neem ’n selfie.

i16-12-10-atkv-crescendo-i6397

HemelBesem sê: “Hou Jolene Molele dop.”

’n Kykie agter die skerms: Ná die tyd

16-12-10-atkv-crescendo-b1451

Morne van Staden, projekorganiseerder vir die ATKV, wens ’n deelnemer geluk.

16-12-10-atkv-crescendo-b1458

Nahraam wys wat hy van die aand dink.

16-12-10-atkv-crescendo-b1491

Anrich, ShoorsTeen en Pedro toon hulle emosie.

16-12-10-atkv-crescendo-b1524

Mynie Grové, die doyenne, het kom luister en het ná die tyd die deelnemers gelukgewens. Hier neem sy en Brizano ’n selfie.

16-12-10-atkv-crescendo-b1519

Remy E, een van die 2014-deelnemers, kon nie self optree nie, want vaderskap neem tyd. Hy was egter in die gehoor en sy snit “Daai is ek daai” is op die CD. Remy het ná die tyd die span van 2016 kom gelukwens. Hier sê Pedro vir Remy se kleinding: “Ja, jy is ’n Grensloos-baba, nè?”

16-12-10-atkv-crescendo-b1504

SchoorsTeen se meisie het daarop aangedring om die kamera op die paparazzo te draai. Hier is Ruwaan, Pedro, Izak wat nie kan sing nie, SchoorsTeen en Malindi.

16-12-10-atkv-crescendo-b1471

Trots: Rouvé en Pedro met die CD.

i16-12-10-atkv-crescendo-i6400

Volg die pyl, sê Whaden Johannes.

Die CD kos R100. Die CD kan bestel word by crescendo01@atkv.org.za. Die produksie en verspreiding van die CD word behartig deur KATALIS Produksies.

i16-12-10-atkv-crescendo-i6411

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top