Angus en die katjies

  • 1

Lees hierdie brief ter agtergrond:

Dis toe eintlik Schrödinger se virus

 

Daar gaat Angus nou en speel met die katjies, eienaardig. Nou ja, hy’t die deur oopgemaak vir mý katjie-hipotese, en ek ag dit nie nodig vir handskoene nie. Ek vervang eerstens die kat met die virus, dan lees Schrödinger (hou in gedagte hy het die kat-storie as ‘n “thought experiment” beskryf) so:

“Schrödinger stated that if you place a virus and something that could kill the virus in a box and sealed it, you would not know if the virus was dead or alive until you opened the box, so that until the box was opened, the virus was both dead and alive.”

(Wonder of Angus sy masker dra?)

Soos met alles, het jonger, meer ingeligte (en verligte) wetenskaplikes (fisici) onlangs (2016), die oorspronklike Schrödinger soos volg aangepas:

“The infamous (and fictious) Schrödinger’s cat, is always both alive and dead inside a box — until the box is opened.” 

 

Fotobron: https://www.sciencenewsforstudents.org/article/famous-physics-cat-now-alive-dead-and-two-boxes-once

Ek gebruik my “digterlike vryheid” en vervang die virus met (Angus se) “bonatuurlike wese”. Dus: die “wese” in die boks bestaan altyd, tegelykertyd dat hy nie bestaan nie, totdat die boks oopgemaak word. In teenstelling daarmee is Angus se stelling dat hy altyd glad nie bestaan nie. So, het hy die kat aan die stert beet - hoe en wanneer sal ons weet? Die antwoord sal ons kry – “until the box is opened” wat ek vervang met daardie toekomstige gebeurtenis in die lewe – “wanneer die heengaantyd aanbreek”, natuurlik.                                                                                                 

Katgroetnis, Raed-na-Gael

 

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Wat van my tokkelossie? Ons hoor van die outjie met sy groot oë en kierie... as volksgeloof.
    Blykbaar hipnotiseer hy jou gade, as jy nie jou bed se pote hoog op bakstene pak nie.
    Wat van die slang in paradys...?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top