As ons nie getoets word nie, kan ons nie weet of ons dit het of nie. Ons moet maak asof ons die virus het, sodat ons nie ander kan aansteek nie. Ons moet maak asof nie die virus het nie, want as ons dit nie gehad het nie, dan is ons nie bestand daarteen nie.
Daarom het ons die virus, en ons het nie die virus nie.
As jy nie die grappie verstaan nie, moet jy nie weer met my kom redekawel oor bonatuurlike gemors nie.
Kommentaar
Angus,
"In simple terms, Schrödinger stated that if you place a virus and something that could kill the virus in a box and sealed it, you would not know if the virus was dead or alive until you opened the box, so that until the box was opened, the virus was (in a sense) both "dead and alive".
So Angus
is jou beklap aan of af?
Die kat hy is dood. Oeps verkeerde boks hy is nie dood nie.
"Legionnaires disease..."
Die virus, is amper iets soos tokkelossie. Jy hoor baie stories oor die knaap met groot kierie en dan sit jy jou bed op bakstene, sodat hy jou vrou nie kan bykom nie...
Dan maak jy anglisisme van taaldiglossie..
Gelukkig is herstelkoers darem 90%!
Ja , Hans, en toe is diglossie nie diglossie nie. Ek dog die bakstene is daar sodat hy nie sy kop moet stamp nie.
Betekenis, die bakstene is daar vir piering-pot metode. As sy oë so groot is soos pierings met een oor, dan skop jy pot onder sy voete uit.
Die hele "dodelike virus", se herstelkoers is 90%? Klink vir my na 'n tokkelossie, iets waarmee almal bang gemaak is, terwyl ons geweet het dat daar jaarliks duisende sterf aan influenza.
Haai Hans, hierdie betekenis is die tokkelossie wat rondloop se skuld. Dis maar net ekke, Angus
Angus, die tokkelossie is ook iets tussen lewe en dood...in suspensie tussen werklikheid en bygeloof... Dis hoekom ons nie kon "zol" nie. NDZ was bang vir "saliva on zol"!
Ons sal nou skynbaar in 2021 die vaksiene vir Covid-19 kry, om trop immuniteit te verkry?
Ek weier om my bed se pote op bakstene te sit, nou-nou val ek uit bed en breek 'n heup..
Sal ons nou weet of die virus nog Legende gaan word?
Hans, ek weet nou nie of dit sommer evangelie is nie, maar hier in Pinetown is glo 'n man dood in 'n motorongeluk. Die oorsaak vir sy dood is aangegee as die C-19 virusinfeksie.
Raed-na-Gael, die antwoord op jou vraag of my beklap aan of af is, is: "Ja!"
Diegene wat nie hierdie grappie verstaan nie, moet nie weer met my kom redekawel oor die Logika nie.
Angus, ek dink ons moet seker maak die Tokkelossie se stertriem is aan... anders is daar weer neukery... jy bly mos daar tussen diè wat aan die mite glo.
Dit raak nou gevaarlik om op stellasies te slaap... Vrou=tyd+geld
Tyd= geld maw vrou = geld+geld
Geld kwadraat se vierkants wortel is?
Maw vrou = wortel van alle kwaad, ook die "sondeval"!
AngusBetekenis,
Jy't nog nie die vraag beantwoord nie.
Ek vra nog een - is jy 'n ateïs of nie en
eers gedag jy het 'bekentenis' verkeerd gespel.
Ek wil met skrywer van oorspronklike brief, saamstem. Is dit werklik nodig om te deel te word van sulke ekslusiewe geloofgroeperings? In 1960's en 1970's was daar baie soortgelyke groepies, wat oorgespoel het met hippie-neiging. Ek dink juis die eksklusiwieit maak hul ontoeganklik en kortstondig van bestaan.
Beste Raed-na-Gael, ek het jou vraag beantwoord. Jy't gevra of my beklap aan of af is. My antwoord is "Ja". (en dis pure logika!)
My antwoord of ek 'n ateïs is of nie, is ook ja.
Ek het eens gemaak of ek 'n Christen is, anders sou ek nie kon werk kry nie. Toe vervies ek my vir my oneerlikheid, ek klim uit my kassie , en maak die bekentenis dat ek nie aan bonatuurlke goeters soos gode en spoke glo nie. Ek is nog hy. Ek is 'n ateïs. Ek natuurlik niks daarteen as jy aan Jan en die boontjierank en God glo asof hulle werklik bestaan nie. Moet my net nie te wil dwing om ook sulke twak te glo nie.
Beste Hans, ek is 'n ateïs en bybelstories is maar net bybelstories. Verder beteken dit niks. Die vrou is vir my maar net 'n mens soos ek. Om een of ander rede is vroumense vir my blêddie mooi. Mansmense, daarenteen, is weer donners lelik.
Angus, deeadae loer ek na vrouens in hul 30-40's...
'n Man is ook nie 'n klip of kameel nie...
Moet sê, dikwels voel mens hul oë op mens en hul het so glimlag, wat mens laat wonder...
Nou ja, ek laat dit by wonder bly, wil nie slang wees nie, in verhaal nie...
Angus, hier in Karoo het ek houding ingeneem, ek sal soos kaapse geelslang word. Net pik en seil..