Vir meer as 40 jaar was die filosoof Johan Degenaar (1926–2015) ’n bron van voortdurende inspirasie vir sy studente op Stellenbosch, maar ook die oorsaak van frustrasie vir die akademiese, kerklike en politieke owerhede. Hoe het hierdie establishment Degenaar tot orde probeer roep? Wat was die aard, struktuur en uitwerking van sy eiesoortige gesprek met studente en ander? Kan sy vernuwende filosofiese praktyke vandag nog voortleef en verder ontwikkel?

Andrew Nash (Foto: verskaf)
Andrew Nash studeer en doseer by die universiteite van Wes-Kaapland, Kaapstad en Stellenbosch in Politieke Filosofie. Hy publiseer gereeld essays oor aktuele onderwerpe en bedryf ’n blog, www.dialectic.co.za, waar van hierdie skrywes beskikbaar is.
Tema: “Denke wat kan dans: Johan Degenaar se gesprek as filosofiese kunsvorm”
Spreker: Andrew Nash
Medereerder: Mariana Kruger
Datum: Vrydag 6 Mei 2022, 18:00
Plek: Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington
R190 pp (sluit aandete en ’n glasie wyn in); kontantkroeg beskikbaar
Spyseniering: Gerhard van Aardt
RSVP: oopgesprek@filosofiekafee.co.za of teks 0828951139; betaal asb by hierdie portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee of per EFT na Absa Spaarrekening; naam en nr: Lamar 9242373000
- Foto van Johan Degenaar in die fokusprent: LitNet-argief.


Kommentaar
Andrew Nash het sy leermeester en later kollega Johan Degenaar en sy interaksies met die Stellenbosch-/Afrikaner-establishment dieper nagevors as enigiemand anders. Moenie hierdie praatjie misloop as jy meer wil weet oor hoe die minlike Degenaar tallose studente en kollegas uit hulle dogmatiese apartheidssluimer gewek het nie.
Wonderlike nuus dat Andrew Nash insigte gaan bring in die interaktiewe denke van ons Dansmeester in die estetika en die etos van Filosofie. Dankie!