Teater: An Iliad. Met Alan Committie. Beligting: Luke Ellenbogen. Musiek: Charl-Johan Lingenfelder. Kostuums: Michaeline Wessels. Regisseur: Geoffrey Hyland. Baxterteater, Rondebosch. Flipside Teater
Oorlog is ’n lelike ding. Ons hoor elke dag al meer daarvan. Dis soos ’n kaartehuis wat oor die hele wêreld inmekaartuimel. Tog voel ons as mense om die TV af te sit, die foon eenkant te smyt of die koerant weg te gooi – genoeg is da’m genoeg! Maar so kan mens niks oplos nie. Dit gaan nie die Amerikaanse troepe keer wat sinneloos oorlog voer teen Iran en Pakistan nie, waar Amerika by laasgenoemde ’n bom afgevuur het op ’n meisieskool, wat sodoende meer as 1 500 onskuldige meisies se dood veroorsaak het. Maar as dit by oorlog kom, is ons hande tog afgekap, elkeen alleen kan nie skietstilstand laat gebeur nie. Wat ons wel kan doen, is om dit uit ander hoeke te benader en daarna te kyk, want daai oorlog in die verre lande is iets wat ons hier ook raak. Geweld teen een is geweld teen almal. Ag, of so droom ek. Dat ons ’n sienswyse kon deel met mekaar, om sodoende ook saam te kan voel en soek na oplossings.
Dis wat An Iliad vir ons skets. Dis eintlik ’n storie ouer as tyd self, maar een wat opnuut vars voel, tog verwyderd van die bloed en bomme van die VSA, Israel en Palestina.
Ons hoor eerste die verteller (Committie) voor ons hom sien, al is die verhoog redelik gestroom in grys sementbanke en langs swart skaduwees. Hy sing, ’n taal anders as ons verstaan, en kom aangestap, in geskeerde lappe gedrapeer wat soos los velle aan sy lyf hang, ’n rugsak op en loopstok in die hand. Die ruimte is die Strand van Troy en die storie wat hy gaan vertel, handel oor die Trojane teen die Grieke, maar maak ons ook bewus dat dit net sowel die storie kon wees van soldate oor die hele land heen. Hy noem plekke wat die hart tref, soos Drakensberg, Kimberley, Soweto, Stellenbosch en Barberton. Wanneer die vertelling te pynvol raak, dan hardloop hy terug na agter en vir die eerste keer sien ons dat die Muse (Charl-Johan Lingenfelder) aan die ander sy oorkant die gehoor uittoring bo ’n see van rooi stoele, waar hy meesterlik tokkel aan akoestiese en elektroniese musieksnare.
.......
Hy stel ons voor aan verskeie karakters, wat van ons al van gehoor het. Name wat vandag gemoderniseer word deur mitologie en astrologie. Hier word egter ’n meer menslike weergawe vir ons geskets.
........
Hy stel ons voor aan verskeie karakters, wat van ons al van gehoor het. Name wat vandag gemoderniseer word deur mitologie en astrologie. Hier word egter ’n meer menslike weergawe vir ons geskets. Dié van Achilles wat wellustig en eiewys hom aan die verleidelike Helen wil vergryp en haar later ontvoer. Die “sharp as an axe” Hector sal dit egter nie duld nie en verklaar oorlog – hy soek sy beminde terug. Patroclus breek die wapenrusting van Achilles af, wat Hector weer by hom verower. Woede en wraak begin al meer broei in hierdie mans. Gevoelens wat die verteller terugtrek na ons in die huidige tyd. ’n Meta- teatrale element, soos met die interaksies met die Muse, waar hy vir ons uitwys hoe ons vandag nog woed met woede, dat hierdie gevoelens al van dekades af in ons bloed woon.
Dit is egter eers wanneer Achilles en Hector teen mekaar te staan kom, swaard teen swaard, mens teen mens, dat die storie boor tot in jou binneste. Dan ontmoet ons die harte, die ware wraak en ontnugterendste weerkaatsings van die mensdom.
Die regisseur, Geoffrey Hyland, skep ’n bedrieglik gestroopte aanslag, met ’n stel wat in sy eenvoud amper vra om plekspesifiek opgevoer te word – met “stage right” wat heeltemal oop is en ’n groot grys doek aan die linkerkant, twee metaalbanke waarop die verteller, Committie, sit, lê, flankeer en op hardloop en oorlog voer.
Met Lingenfelder se teenwoordigheid word die simplistiese benadering op verfrissende wyse gebreek en verander die anti-oorlogdrama in soveel meer: anti-realisme, asook elemente van postmoderne stilisme, met ’n oogwink na die Duitse teatermaker, Heiner Muller, se stukke, soos onder meer Hamletmachine. Lingenfelder se musiek is ’n kakofonie van elektroniese en akoestiese klanke, met van die mees sensoriese samevoegings van natuurklanke en baskitaar. Dit onderskraag regdeur vir Committie in sy epiese vertellings, wat op sy beurt ’n kragtoer lewer.
Ja, hier en daar het dit my oor gesteur dat hy nie ewe gebalanseerd die karakterstemme onderskei het nie en kon hy ook meer staatgemaak het op die bewegingskuns wat slegs met die op- en aansit van die helmet gebeur. Dit sal die vertolking soveel meer verhoog en aansluit by die mitologiese verhale, maar tog is daar iets so opreg en deernisvol aan sy spel. Elke karakter se binnewêreld word roerend ondersoek en weergegee, soos ’n akteur, ’n soldaat en mens wat self al vele oorloë moes voer en nou aan die ander kant van die stryd sy verhaal met ons kan deel.
........
An Iliad word aanbeveel vir liefhebbers van mitologie, maar ook van Committie. Al ken jy slegs sy komiese werk, kom en beleef hoe diep en ryk sy storieverteltalent waarlik is.
........
An Iliad word aanbeveel vir liefhebbers van mitologie, maar ook van Committie. Al ken jy slegs sy komiese werk, kom en beleef hoe diep en ryk sy storieverteltalent waarlik is.
Lees ook:
Cape Town Ballet’s Dracula at the Artscape: an interview with Jerome Barnes


