Afritaal 

  • 1

Ons almal soek vir jou, nou
Jy was soos ’n tweede vrou weggegooi
Gebruik vir ons plesier en uitgespoeg, moeg vir jou,
die ander vrou ...

Met jou het ons om Sy hulp geroep ...
In ure van ons nood en dood
En toe ons ween
het ons mekaar met jou ondersteun

Jy het ons laat lag, na ons moedershuis laat smag
Laat droom om ’n warm vuur met stories en gemmerbier
In koue nagte het ons in jou gedroom en rympies gemaak, gepraat,
gefluister en geluister,
gedig,
op mekaar met jou gesteun en ons stories aan ander uitgeleen

Ons het met jou saamgeloop op die strate, en met trots gebruik op ons plakkate
En toe het ons  jou weggegooi as verdrukkertaal
Versmoor onder taalgemaal
Vergeet dat oor ons lippe was jy gebaar
haattaal, moedertaal, pynetaal
Ons taal ... Afrikataal, Afritaal

Lees ook

Mense uittie Kaap uit

Krismisoggend

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top