Mense uittie Kaap uit

  • 3

Die mense ko uittie Kaap uit
’n Blink mercedes met nuwe rims
En ledder goed binne
En ’n suit wat byrie kar se colour pas
En ’n groot phone soes ’n tv
Dis die pa

Die mense ko uittie Kaap uit
’n pienk rok en blink hare
en kuite in dik hakke
En ’n grote bag vol secrets
En ’n groot phone soes ’n tv
Dis die ma

Die mense ko uittie Kaap uit
Twee met wit sokkies en ribbons
Soos innie outyd
En gesiggies soes oppie tv
Copies vannie ma
En elkeen met ’n groot phone soes ’n tv
Dissie kinners

Die mense ko uittie Kaap uit
Hulle ko visit die oupa
Wat heeldag sit oppie stoep, alleen
Met lyne op sy gesig soes ’n ou landkaart
Uit die atlas van sy tyd
Met stukkene hanne
Hulle bring vi hom ’n groot phone soes ’n tv
Want hulle voel skuldig ...
Dis sy kinners
Hulle ko uittie Kaap uit.

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top