Afrikaanse Taalraad kies nuwe voorsitter

  • 0

Anne-Marie Beukes is by die afgelope jaarvergadering van die Afrikaanse Taalraad verkies tot nuwe voorsitter. Sy volg  vir Michael le Cordeur op wie se termyn as voorsitter vanjaar verstryk het. Le Cordeur bly aan as lid van die direksie. Die nuwe ondervoorsitter is Hendrik Theys, dosent in Afrikaans aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie. Alana Bailey, adjunk-hoof van Afriforum, is herkies as direksielid.

Beukes is die afgelope drie jaar aan die Taalraad verbonde. Sy is tans hoof van die Departement Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg en ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut. Sy was voorheen hoof van die taalbeplanningsafdeling van die Departement Kuns en Kultuur en was in die eerste tien jaar na demokrasie nou betrokke by die opstel en bestuur van ’n groot aantal taalbeleidsinisiatiewe. Sy is benewens talle ander projekte intensief betrokke by ’n navorsingsprojek onder die opskrif: “Identiteit en die Swart Afrikaners van Onverwacht”.

Verdere sittende lede van die Raad is Amanda de Stadler (Stellenbosch), Magdie de Kock, (Heidelberg, Gauteng), Waldy Kastoor (Atlantis), Piérre Theron (George), Paul Colditz (Bloemfontein) en Karel Prinsloo (Pretoria). Danny Titus (ATKV) en Danie van Wyk (Kuilsrivier) is aangewys as gekoöpteerde lede. Jacques van der Elst is die uitvoerende hoof.  

Jacques van der Elst

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top