Afrikaanse Skrywersunie: inligting oor die stigtingsvergadering

  • 0

Ek rig hierdie kennisgewing aan almal wat belangstelling uitgespreek het om by die Afrikaanse Skrywersunie aan te sluit.

Die stigtingsvergadering word op 7 Maart 2012 in die Erfurthuis, Van Ryneveldstraat, Stellenbosch gehou. Dit begin om 7 nm en hou aan so lank as wat nodig is. Die agenda is eenvoudig: Verwelkoming, Stigting van die Afrikaanse Skrywersunie, en verkiesing van die eerste bestuur. Daarna laat ons sake hul gang gaan!

Ons finaliseer tans nog die grondwet, en sal dit ruim voor die vergadering per e-pos aan almal uitstuur.

Ek sal dit waardeer as diegene wat dit sal kan bywoon, my net per kerende e-pos sal laat weet dat julle kom. Dit sal help met die aanlê van verversings, versnaperinge en lafenis.

Vir verdere inligting kontak Kerneels Breytenbach of Andries Visagie by loods.asu@gmail.com.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top