Afrikaans raak rof en onbeskof

  • 2

  • Hierdie artikel bevat erotiese verwysings. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic material. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Loslyf

In Junie 1995 is die aartskonserwatiewe en baie vroom wit Afrikaner-gemeenskap tot in hulle fondamente toe geskud toe die eerste Afrikaanse pornografiese tydskrif, Loslyf, op die winkelrakke verskyn het. Dit was ’n tydskrif vir hardebaarde.

Ryk Hattingh was die redakteur. Hy was ’n bekende Afrikaner-dissident. Hy was voor Loslyf die subredakteur van Max du Preez se anti-apartheidskoerant, Vrye Weekblad. Hatting het soos volg gereageer oor die beweegrede vir die uitgee van Loslyf: “Afrikaners word nog altyd voorgehou as die kakie-klere brigade met prim-en-propper sedes en waardes. Ek wil vir hierdie vroom Afrikaners wys, dat ons normale mense met normale seksuele behoeftes is.”

Op die voorblad van hierdie eerste uitgawe het die opskrif gelees: “Dina by die Monument.” Op die voorblad was ’n “topless” model voor die Voortrekkermonument. Die wit Afrikaners was ontsteld en diep geskok, maar desnieteenstaande het Loslyf meer as 75 000 kopieë van hierdie eerste uitgawe verkoop. Na die eerste uitgawe het Loslyf elke maand meer as 20 000 kopieë verkoop. Maand na maand kon Afrikaners hulle vergaap aan pornografiese foto’s en ketoolse stories oor bronstige nimfe met erotiese begeertes.

In 2005 het Karen Eloff die redakteur van die immer gewilde tydskrif geword. Die uitgewer was JD Publishing (Joe Theron). Vandag is Joe Theron n skatryk afgetrede sakeman.

Lipstiek Dipstiek

Loslyf het die bekende akteur en draaiboekskrywer Willie Esterhuizen die eerste gewaagde Afrikaanse film uitgereik. Die film se naam was Lipstiek Dipstiek. Opnuut het die volksmoeders steen en been gekla oor die vulgêre verval van die Afrikaner se sedes, maar weer eens het duisende Afrikaners na die filmteaters gestroom om hierdie stoute” Afrikaanse fliek te sien. Daarna het Poena is koning gevolg. Albei die films was reuse finansiële suksesse gewees. Dit was toe al duidelik dat die mark ryp was vir die eerste ernstige hardcore Afrikaanse porn movie”. Sekswinkels het oral in stede opgeskiet, en vir die eerste keer kon preutse Afrikaners uiting gee aan hul langgekoesterde seksuele fantasieë. Die volk was lus om rof en onbeskof te raak. Hulle koerasies het hulle diep-ingewortelde inhibisies begin oorskry.

Kwaai naai

’n Motorverkoopsman van Gauteng het hierdie gaping in die mark gesien en gevat. Hy het ’n gewillige paartjie gekry, hulle ketoolse gekarfoefel verfilm en sy “proeflopie” aan Joe Theron van JT Publishing voorgelê vir goedkeuring. Theron was beïndruk met die idee en die produk.

Die film Kwaai naai is in 2009 verfilm. Dit is ’n 180-minuut-hardcore porn movie” in Afrikaans. Die eerste toneel gaan oor ’n jongman wat swembaddens vir ryk verveelde huisvrouens in stand hou. ’n Ryk verveelde huisvrou kon later nie meer die aantreklike jongman se lyf weerstaan nie, en die gevolg is ’n eroties orgie.

Daar is ook tonele van ’n landskapsargitek en twee bronstige vriendinne wie se mans vir die Verenigde Nasies in Irak oorlog maak.

Al die akteurs in die film was Afrikaanssprekendes, derhalwe die een dame wat Afrikaans kan praat, maar wie se huistaal Engels was. Hierdie akteurs is deur middel van ’n gratis advertensie op Gumtree gewerf. Die verfilming het op ’n Sondagoggend by ’n gay vriend se gastehuis in Pretoria plaasgevind.

Die akteursname in hierdie film was “Marc van der Gryp”, “Vicky Lucius”, “Pamela de Kock” en “Du Preez Fourie”.

Die akteurs in die film praat baie, hulle uiter kras Afrikaanse woorde soos “Praat vuil met my” en “O, Vicky suig my tiete, ek is lus vir jou”; Pamela de Kock wat suggestief kreun: “My poesie is sopnat. Ek gaan kom, o ... ek kom!”; Du Preez Fourie wat sê: “Ek wil jou sletagtig naai”; en Marc van der Gryp wat hygend mompel: “Ek gaan jou diep naai.”

Om hierdie “hardcore Afrikaanse porn movie” effektief te bemark het die vervaardiger ’n vals identiteit, “Margaret Meiring” van Krugersdorp, geskep. Margaret het vir die Afrikaanse koerante geskryf en gal gebraak oor hierdie beoogde Afrikaanse pornografiese film. Sy skryf: “Ek is mev Meiring. U advertensies is onsmaaklik en vieslik. Hoe moet ons ons kinders grootmaak, as sulke films soos wat u beoog daar is, om af te breek wat ons vir hulle leer? U planne is om Afrikaans sedeloos te maak. U wil ons erfenis met volksvieslikhede vervuil! U moes seker uit ’n baie swak huis gekom het. U ouers was seker net so sedeloos en onchristelik soos wat u hier aan ons bewys. Hieronder is wat ek aan die koerante gaan stuur. Hou op met u planne.

“‘Ek wil net graag onder u aandag bring dat daar op Gumtree gepraat word van ’n seks film in Afrikaans wat versprei gaan word by die Sex expo in Oktober deur Hustler en Loslyf. Nou moet ons nog lewe met ’n nuwe tendens van pornografie in Afrikaans!!! Dan wil hierdie klomp nog ons erfenis in hulle volgende film ook nog vernietig deur tradisionele volksliedere se woorde sodanig te verander om te pas by hulle vuilspul film.

“‘Ek het hierdie advertensie op Gumtree vir u afgetrek en stuur dit aan u. Iemand moet iets doen om te verhinder dat ons lewe versuur gaan word met sulke vieslike en onwelvoeglike dinge wat ons kultuur gaan skaad!’”

Nadat Rapport die brief gepubliseer het, het die vervaardiger van Kwaai naai soos volg op “Margaret” (wat hy self was) se brief gereageer:

“My liewe mev Meiring, John F Kennedy het gesê: ‘We chose to go to the moon, not because it is easy, but because it is hard!’ Kennedy het ’n leemte in die mark bespeur en vervolgens het hy voldoen aan die aanvraag van die nuuskieriges en natuurlik homself wat wou sien wat gaan daar op die broodrolletjie aan.

“Net soos JF het ons die leemte in die mark gesien vir Afrikaanse seks films. Baie Afrikaners sal dit graag wil sien. Kyk maar op die internet. Dit is vol van Afrikaanse stories oor seks. Besoek byvoorbeeld LitNet se argief. Hulle skryf van hulle fantasieë daar en van hoe hulle die buurman se dogter, sy vrou en sommer haar suster by sal kom – en dit nogal in Afrikaans! Dit is eintlik verstommend om te weet dat niemand voorheen al ’n regte, egte Afrikaanse seks film projek aangepak het nie. Daar was wel probeerslae om ’n middelunt te bereik soos Lipstiek Dipstiek en Poena is Whatever, maar niks wat te veel mense sal alienate nie. Het die film produseerders gedink dat ons ou volkie nie so iets kan hanteer nie? Of lê die rede hiervoor dalk op die voorstoep van die moeilikheidsgraad van so projek? Was hulle bang vir die konserwatiewes en die aanslae op hulle karakters? Ek sal graag wil weet wat die rede hiervoor sou wees.

“Ek het eendag by die local sex shop in geloop en ’n Afrikaanse tannie by die counter sien staan waar sy vir Gert gevra het in fluister taal of daar nie Afrikaanse sex videos is nie. Sy het haar regter boud afgeskrik toe ek daar inloop ... sy het seker maar gehoop dat sy vinnig daar in kon skiet om vir haar en manlief ’n persent te koop sonder om gesien te word. Gert noem toe dat dit slegs ’n droom is om te dink dat so iets wel bestaan en toe tannie daar uitsluip sonder ’n DVD kassie onder die arm het ek besluit dat ons iets daaromtrent sal moet doen.

“’n Oplossing sal gevind moet word vir tannie se fantasieë om met manlief voor die verwarmer in die voorkamer te verkeer met ’n egte uit-eie-bodem Afrikaanse seks film. Dis waar die idee vandaan kom.

“Nou weet ons almal dat tannie se fantasieë miskien een uit ’n honderd is, maar haar droom het ons droom geword. Besit die Engelse taal die monopolie op seks? Nee, beslis nie! Wat sou nou so verkeerd wees om ’n egte Afrikaanse vol-in-die-gesig seks film te vervaardig? Vra vir Gert en hy sal noem dat meer as 70% van sy klante Afrikaans is. En hulle koop net Engelse seks goeters, want dit is al wat beskikbaar is!

“Persepsies oor seks, seks films en moraliteit kom ter sprake in enige taal en volk. Daar is die met standpunte wat wissel van ongenaakbare weerskanting en afkeuring van so iets tot die wat dit aanvaar en graag sal wil geniet. Dieselfde persone met uiteenlopende moraliteite is goeie vriende en braai en kuier saam sonder dat die een weet wat die ander in sy private tyd doen, dink of oor droom ten opsigte van seks nie. Dit is mos privaat! Ons is mos Afrikaans en dis mos taboe om oor seks te praat!

“Dit hang af van jouself hoe jy voel oor seks en dit het nie noodwendig iets te doen met hoe jou jongjare se opvoeding was nie. Dit het niks te doen met hoe sleg of hoe goed jou ouers se opvoeding was nie. Ek het persoonlik fantasieë al tydens my skooljare geniet met ouers wat my en my boer en susters op al die paaie gelei het van wat reg en verkeerd sou wees. Hulle het installasies in ons breine aangebring om te onderskei tussen wat goed en aanvaarbaar is en dit wat sleg en ongesond is. Die kerk was elke Sondag daar. Niemand kan my ouers blameer of toejuig vir wat enige van ons vier kinders vandag verteenwoordig nie. Ons is grootgemaak om ons eie besluite oor moraliteite en persepsies te neem!

“Het u geweet – Afrikaners het ook seks? Miskien is dit nuus vir u en ander mense wat sou dink dit is verkeerd om dit op film vas te lê. Afrikaners het ook fantasieë en het ook drome – net soos die Ingelse en die res van die mensdom. Geen persoon is dieselfde as die ander nie. Dit maak die lewe interessant. As slegs drie uit tien Afrikaners dink dat so ’n seks film in ons eie taal ’n goeie idee is, dan is ek gelukkig. Dan vul ek die leemte wat daar bestaan in die aanvraag. En wat is verkeerd daarmee om dit ook in ons eie moedertaal te sien en te hoor? Miskien leer ons volk iets uit ons film ... dat ons ook deel is van daardie blou, ronde bal met die wit broodrolletjie wat verken moet word. Miskien dan kan ons ontdek wat daar in die buitenste ruimte van ons skedels te vinde is!”

Nodeloos om te sê dat hierdie reklamefoefie die nodige reaksie in die media uitgelok het. Skielik was daar ’n vloedgolf van briewe in die koerante. Gavin Prins en Yolanda Barnard van Rapport en Sondagkoerant het groot stories geskryf oor hierdie walglike blou film Die vervaardiger het selfs drie dreigoproepe van ontstoke Afrikaners ontvang. Na al hierdie ongure publikasie het die Kwaai naai-DVD meer as 600 kopieë by die Seks-expo in Johannesburg verkoop. Daarna het die geld begin inrol.

Die film het ook in Europa opslae gemaak. Die Franse koerant Le Presse het ’n volbladstorie daaroor gepubliseer. Die joernalis van Le Presse wou weet hoekom die akteurs almal wit was. Vir die vervaardiger was die antwoord eenvoudig: “Ek wou ’n blou-film vir die blanke Afrikaner vervaardig.”

Na Kwaai naai is daar nog drie Afrikaanse pornografiese films vervaardig. Almal deur verskillende mense. Die een pornografiese film het oor Joost van der Westhuizen se seksuele skandes gehandel.

Kwaai naai blyk egter die beste van hierdie Afrikaanse pornografiese films te wees. As jy dus ’n kopie (DVD) van Kwaai naai besit, weet dat jy die eienaar is van ’n stuk erotiese Afrikaanse geskiedenis.

Bron

Ek het op Saterdag 2 Junie 2018 ’n onderhoud met die vervaardiger van Kwaai naai gevoer. Hy het versoek dat hy voortaan graag anoniem wil bly. Ek het sy versoek gerespekteer. – JvdM

  • 2

Kommentaar

  • Dit was goed om oorsigtelik 'n bietjie van die ontwikkeling van Afrikaanse erotiese publikasies soos Loslyf-tydskrif en die fliek Kwaai naai te verneem. Wat Loslyf betref, het Ryk Hattingh 'n merkwaardige bydrae tot die Afrikaanse woordeskat gelewer - woorde geskep wat vandag wyd gebruik word. Hy het voorwaar net die beste - in baie gevalle superieure - vermoë van Afrikaans op seksuele gebied, kon uitbring. Dis so jammer dat die tydskrif, na die liberalisering wat voor 1995 plaasgevind het, moes sneuwel onder die beperkende maatreëls van die nuwe raad wat kamtig waghou oor publikasies.

  • Barend van der Merwe

    Net 4 Afrikaanse porno's in 10 jaar? Dit lyk my die bedryf benodig 'n blou pilletjie of twee.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top