Aardklop-toekennings 2018: Wenners bekendgemaak

  • 1

Die wenners van die Aardklop-toekennings is op 5 Oktober by ’n toekenningsfunksie by Mooi Galery in Potchefstroom bekendgemaak. Die geleentheid is moontlik gemaak deur METCON (Metal Concentrators).

“Goeie teater verander ons. Dit maak ons oë wyer oop, dit laat ons meer hoor, dit laat ons dieper voel. Na hierdie Aardklop-week, van grootse teater en selfs groter diepte voel ons verander, verbeter, verryk. Geluk aan al die kunsmakers, teatermakers en vermakers!” – Mareli Stolp, sameroeper van Aardklop-paneel.

Hier is die WENNERS:

Aardklop 2018 Beste Aktrise (moontlik gemaak deur OFM)

  • Nadia Valvekens (Huishou)

Nadia Valvekens en CintaineSchutte (Huishou)

Aardklop 2018 Beste Akteur (moontlik gemaak deur OFM)

  • Albert Pretorius (Bloed en bodem)

Carla Smith, Stian Bam en Albert Pretorius (Bloed en bodem)

Aardklop 2018 Beste Regisseur

  • Christo Davids (My seuns)

Christo Davids

Aardklop 2018 Beste Algehele Aanbieding

  • My seuns

Sandra Prinsloo en André Odendaal (My seuns)

ATKV – Aardklop Toekenning vir Grensverskuiwende Werk (slegs debuutwerke)

  • Christo Davids (teks: My seuns)

Aardklop 2018 Novum-toekenning

  • Xtrapolate – vir die ontwikkeling van Aardklop se App

Aardklop 2018 Beste Byspeler (moontlik gemaak deur KunsStig)

  • Donovan Pietersen (My seuns)

Aardklop 2018 – Beste Nuutgeskewe Afrikaanse Teks (moontlik gemaak deur KunsStig)

  • Christo Davids (My seuns)

Aardklop 2018 – Beste Musiekgedrewe Produksie (moontlik gemaak deur OFM)

  • Krog

Hilandi du Toit, Babette Viljoen en Olga Leonard (KROG)

Aardklop 2018 – Musiek Beste Uitvoering (moontlik gemaak deur OFM)

  • Zanta Hofmeyr in Viool dialoog met Miro Chakaryan

Miro Chakaryan en Zanta Hofmeyr

Aardlop 2018 - Visuele Kuns: Beste Uitstalling

  • Diane Victor – Skadu’s en lig

"Butchers" deur Diane Victor

Aardklop 2018: Hartsvriende Beste Produksie

  • My seuns

** Die Novum-toekenning word gegee vir die konsep, produksie of projek wat die mees kreatiewe of innoverende bydrae tot die fees as ’n geheel gelewer het.

Aardklop-paneellede: Mareli Stolp (Sameroeper), AJ Opperman, Lebona Sello, Alby Michaels, Antoinette Olivier en Ricardo Arendse.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top