![]() |
|
|
Verlede week is ’n klein stukkie geskiedenis by die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands gemaak toe die USAN-kongres vir die eerste keer hier gehou is. Die geskiedkundige aard van die kongres lê in die feit dat dit die eerste van sy soort in Suid-Afrika is – ’n kongres wat spesifiek op nuwe navorsers (honneurs-, MA- en PhD-studente) gefokus is. Van die deelnemers deel hulle gedagtes oor die kongres. |
|
|
USAN-kongres 2014: Suzanne Potgieter "Taligheid, spesifiek Afrikaans as taal, is my studiegebied. Tale kan beslis grense oorskry en kommunikasie (veral ten opsigte van die uitruil van idees) tussen verskillende groepe moontlik maak, en hier moet daar besonder klem gelê word op die rol van vertaling..." |
|
|
Taal beteken om ’n stem te hê – en hoe beter ’n mens taal kan aanwend, hoe groter is jou stem. Die kongres het my “woordeskat” uitgebrei, nuwe rigtings ontsluit waarheen ek later weer wil terugkeer." |
|
|
USAN-kongres 2014: Alettie van den Heever "Dit was wonderlik dat mense vanuit verskillende kontekste kon deelneem. Die tolkdiens wat gelewer is, het ‘n mens laat voel dat daar werklik oor grense heen beweeg is. Ek is nie seker of dit die vraag voldoende beantwoord nie." |
|
|
USAN-kongres 2014: Malvin Vergie "Ek is ’n taalmens, maar ongelukkig werk ek nie in ’n akademiese departement nie (ek werk in ’n direktoraat wat steun aan dosente gee). Die rede waarom ek navorsing doen, is om my passie vir taal en navorsing uit te leef; dit is ook ontvlugting uit die soms vervelige en veeleisende werkverpligtinge. " |
|
|
USAN-kongres 2014: Annelise Theunissen "Dit is vir ’n jong navorser ’n groot voorreg om jou akademiese helde in lewende lywe te sien, en agter te kom hulle het ook maar begin waar jy nou is, maar met harde werk en toewyding het hulle ongelooflike hoogtes bereik." |
|
|
USAN-kongres 2014: Franci Vosloo " Die vrae wat deur iemand soos Louise Viljoen gevra is, om maar een te noem, was indringend in die opsig dat dit die aanbieder (en trouens ook die res van die gehoor) ook indringend oor sy/haar onderwerp en teoretisering laat dink het. " |
|
|
USAN-kongres 2014: Marius Swart "Ek dink “taligheid” en die bestudering daarvan is ’n lewenswyse. Om oor taligheid te wonder, is om te wonder oor wie ons is en waarmee ons besig is, want ons doen wat ons doen deur taal, van watter aard ook al." |
|









