Die Namibiese Woordfees vind vanjaar vanaf 2 tot 7 September 2013 in Windhoek plaas. Klik hier om die volledige program te sien.
Riana Scheepers is een van die skrywers wat gedurende hierdie week slypskole by die fees aanbied. Sy deel foto's van vorige slypskole en boekgesprekke met LitNet se lesers. Diegene wat nie vanjaar die fees kan bywoon nie, kan hul nou voorstel wat hul misloop.
![]() |
|
Riana Scheepers in 2009 tydens 'n slypskoolwerksessie.
|
![]() |
|
'n Skare gaste het 'n bekendstelling van Riana Scheepers se Nuwe Kinderverseboek bygewoon.
|
![]() |
|
Riana Scheepers sê haar slypskole is altyd lekker kuiergeleenthede.
|
Titel: Die vrou in die vuur
Skrywer: Riana Scheepers
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780798158329
Die vrou in die vuur is 'n keur uit die verhale van Riana Scheepers.





