LitNet-blokraai: Wenner aangekondig

  • 0

Is jy ’n superblokraaier? Voltooi LitNet se lekker blokraai en jy kan ’n heerlike prys wen: die Pansegrouw Superblokraaiwoordeboek! Hierdie verbeterde, herbewerkte uitgawe is elke blokraaier se droom, met die antwoorde op byna 155 000 leidrade. Die boek word geskenk deur Pharos-Uitgewers.

Hoe werk LitNet se blokraai?

Enigiemand kan saamspeel! Elke leidraad bevat ’n skakel wat jou na die antwoord op die vraag sal lei. Klik op die skakel, lees die artikel en werk die antwoord uit.

Jy kan die pdf-dokument aflaai en die blokraai uitdruk om die antwoorde uit te werk.

Om vir die prys in aanmerking te kom, tik jou antwoorde (genommer van 1 tot 31) in ’n e-pos . Stuur jou antwoorde aan wen@litnet.co.za met "Blokraai" as die titel van jou e-pos. Onthou om jou kontakbesonderhede in te sluit!  Die sluitingsdatum is 23 April 2012.

Die wenner van die Pansegrouw Superblokraaiwoordeboek is:
Johann de Lange.

This crossword was created with EclipseCrossword - www.eclipsecrossword.com

Dwars

  1. In hierdie draaksprokie is Normis die enigste seun van die ...
  2. Die digter wat hierdie gedig “die drie vissies van saeed” geskryf het, is ook die voorsanger van The Buckfever underground en Simply Dead. Wat is sy voornaam?
  3. Die naam van die gewilde popgroep waarvan Zolani Mahola die voorsanger is.
  4. Die titel van André P Brink se jongste roman wat in September vrygestel word.
  5. Die titel van Billy Collins se gedig wat in hierde rubriek bepreek word.
  6. Een van die benamings vir die tipe kortverhaalbundel wat SJ Naudé geskryf het.
  7. Op die flapteks van Welma Odendaal se versameling kortverhale, Vreemdeling, word dit duidelik gestel dat "goeie letterkunde per definisie … letterkunde is." (Vul die ontbrekende woord in.)
  8. Voltooi die titel van Tony Hoagland se bundel essays oor die digkuns as ambag: Real ...
  9. Bibi Slippers se rubriek oor die skryfkuns
  10. Hierdie strategiese advertensiemaatskappy is verantwoordelik vir LitNet se nuwe logo.
  11. Jason Lloyd se LitNet-rubriek
  12. Hierdie jong digter is een van die samestellers van Nuwe Stemme 5, en deel sy voornaam met ’n bekende rugbyveld. Verskaf sy naam en van.
  13. In ’n brief oor daardie gentleman's game haal die skrywer vir Thomas Hughes aan wat die volgende te sê het oor krieket: "It’s more than a game. It’s an ..." (Voltooi die aanhaling.)
  14. Hierdie bekende digter en romanskrywer het die antwoord vir Jane Alexander se (regs)kwelling.
  15. Elizabeth van der Merwe se Hestertjie Haarnaald word beskou as die voorganger van hierdie avontuurlustige rooikop.
  16. Kees t’Hart is ’n Woordfeesgas en ook resensent vir die publikasie De groene ... (Voltooi die titel)
 

Af

  1. ’n Lid van die uitverkore volk, en ’n gedeelte van die titel van ’n Sing 'it-wenliedjie
  2. Die naam van die beeldhoutuin waar Hannelie Coetzee haar jongste kunswerk installeer.
  3. CJ Langenhoven is in hierdie distrik gebore.
  4. Die borg wat LitNet se Sing 'it Liriekkompetisie moontlik maak.
  5. Die titel van Reney Warrington se debuutroman.
  6. Voltooi die url waarmee materiaal op die vorige LitNet-platform opgespoor kan word: www.??????.litnet.co.za
  7. Een van die mees onsimpatieke karakters in ’n film sedert George Bush in Fahrenheit 9/11.
  8. Hierdie land in die Amerikas was volgens Pierre de Vos in die verlede ’n voorbeeld van ’n eenparty-dominante demokrasie.
  9. Hierdie organisasie help om LitNet se aanlyn-ensiklopedie oor Afrikaanse skrywers moontlik te maak.
  10. Skrywer van die LitNet Akademies-artikel "Ontronding in Kharkhamsafrikaans" - dis gewis welgedaan.
  11. Hierdie dier se sekslewe is een van die kennisgebiede wat in Chris Karsten se manuskrip ’n Man van min belang aan bod kom.
  12. Zelda la Grange is die uitvoerende assistent van hierdie voormalige staatshoof.
  13. Hierdie Nobelpryswenner deel sy naam met ’n beroemde tenoor.
  14. Die titel van Craig Friedmond se vorige komedie, wat in 2010 vrygestel is.
  15. Voornaam van die wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012

 
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top