"Erdeskerwe Israeliet" deur William de Bruin

  • 0

Erdeskerwe Israeliet
Vers 1 
Erdeskerwe Israeliet
Slawekinders Blokgraniet
Biesiemandjie Waterriet
Slawekindjie Israeliet
Stormwater Pyl Boog Skiet
Balsem Linne Piramied
Erdeskerwe Israeliet
Bokmelk Heuning Kanaäniet

Vers 2 
Bonaparte Kommandant
Legioene Ysterhand
Bajonette Vure Brand
Sterf Soldaat Bebloede Hand
Perderuiter Imposant
Waterloo Finale Stand
Bonaparte Kommandant
Laaste Asem Vreemde Land

Vers 3 
Adolf Hitler Derde Ryk
Jodelose Koninkryk
Martelkamer Magsgebruik
Der Miljoene Mens Beswyk
Wêreldmagte Saak Bekyk
Sameswering Satan Wyk
Adolf Hitler Derde Ryk
Sinneloos Vermiste Lyk

Vers 4 
Mosaïek Suid-Afrika
Multirassekroon Wil Dra
Jeug Apartheid Wangedra
Wit Polisie Ra-Ta-Ta
Boeremoorde Ossewa
Afrikaner-lot Bekla
Mosaïek Suid-Afrika
Bloedvergieting Staak Gevra

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top