Media24 Boeke is trots om die kortlyste vir hul 2012 Literêre Pryse en die Jan Rabie Rapport-prys aan te kondig. Die pryse word jaarliks aan plaaslike skrywers toegeken om literêre uitnemendheid te vier.
Die Jan Rabie Rapport-prys is oop vir all uitgewerye in Suid-Afrika terwyl slegs titels wat deur uitgewerye in die Media24 Boeke-groep in 2011 gepubliseer is, vir die Media24 Boeke Literêre Pryse kwalifiseer. Die prysgeld is R35 000 per kategorie (die prysgeld word tussen die skrywer en illustreerder verdeel vir die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke).
’n Paneel van 18 beoordelaars het hierdie jaar se inskrywings in ses kategorieë beoordeel:
- WA Hofmeyr-prys vir die beste Afrikaanse fiksie.
- Herman Charles Bosman-prys vir die beste Engelse fiksie.
- Recht Malan-prys vir die beste niefiksie.
- MER-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek (ouderdomme 0 tot 8, maar nie uitsluitend vir dié ouderdomme nie) .
- MER-prys vir die beste jeugroman (ouderdomme 8 tot sestien, maar nie uitsluitend vir dié ouderdomme nie).
- Jan Rabie Rapport-prys vir die beste debuut- of vroeë (tweede) werk deur 'n Afrikaanse skrywer.
Die kortlyste is:
WA Hofmeyr-prys (in alfabetiese volgorde):
![]() |
Onversadig deur TT Cloete, uitgegee deur Tafelberg Lees Rensia Robinson se essay: Skramse digterlike profiel van ’n onversadigbare digter |
![]() |
Sirkusboere deur Sonja Loots, uitgegee deur Tafelberg Lees Chris van der Merwe se resensie: Sirkusboere: ’n Boeiende en vermaaklike historiese roman |
![]() |
Wals met Matilda deur Dan Sleigh, uitgegee deur Tafelberg |
Herman Charles Bosman-prys (in alfabetiese volgorde):
![]() |
Gallows Hill deur Margie Orford, uitgegee deur Jonathan Ball Publishers Lees Janet van Eeden se resensie: Gallows Hill not a match for Daddy's Girl |
![]() |
Homemaking for the Down-at-Heart deur Finuala Dowling, uitgegee deur Kwela Boeke Lees Janet van Eeden se onderhoud met Finuala Dowling: Finuala Dowling, author of Homemaking for the Down-at-Heart, in conversation with Janet van Eeden |
![]() |
Lost Ground deur Michiel Heyns, uitgegee deur Jonathan Ball Publishers Lees Janet van Eeden se onderhoud met Michiel Heyns: Michiel Heyns, author of Lost Ground, in conversation with Janet van Eeden |
Recht Malan-prys (in alfabetiese volgorde):
![]() |
David Kramer: A Biography deur Dawid de Villiers en Mathilda Slabbert, uitgegee deur Tafelberg Lees Schalk van der Merwe se resensie: David Kramer: ’n Biografie: ’n Gesaghebbende boek oor Kramer se werk |
![]() |
Diepsloot deur Anton Harber, uitgegee deur Jonathan Ball Publishers Lees Maggie Marx se onderhoud met Anton Harber: Anton Harber talks to Maggie Marx about his recently published book Diepsloot |
![]() |
The Devil in the Detail deur Paul Holden en Hennie van Vuuren, uitgegee deur Jonathan Ball Publishers |
MER-prys vir die beste jeugroman (in alfabetiese volgorde):
![]() |
As jy ’n ster sien verskiet deur Maya Fowler, uitgegee deur by Tafelberg Lees Derick van der Walt se resensie: As jy ’n ster sien verskiet: Gewigtige sake word met ’n goeie skoot humor versag |
![]() |
Dark Poppy’s Demise deur SA Partridge, uitgegee deur Human & Rousseau Lees Jonathan Amid se resensie: Where sensitivity and skill converge: Reading Sally Partridge’s Dark Poppy’s Demise |
![]() |
Signed, Hopelessly in Love deur Lauri Kubuitsile, uitgegee deur Tafelberg |
MER-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek (in alfabetiese volgorde):
Jan Rabie Rapport-prys (in alfabetiese volgorde):
![]() |
Alfabet van die voëls deur SJ Naudé, uitgegee deur Umuzi Lees Jeanette Ferreira se resensie: Alfabet van die Voëls stel hoë eise |
![]() |
Sirkusboere deur Sonja Loots, uitgegee deur Tafelberg
Lees Chris van der Merwe se resensie: Sirkusboere: ’n Boeiende en vermaaklike historiese roman |
![]() |
Skool deur Theo Kemp, uitgegee deur Tafelberg Lees Marius Crous se resensie: Skool: Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel onder oë |
Media24 wil graag hierdie skrywers en uitgewers gelukwens. Die wenners sal by ’n prysuitdelingsfunksie op Vrydag, 8 Junie 2012 aangekondig word.


















