Die kortlyste vir die 2014 Media24 Boeke Literêre Toekennings is bekend gemaak. Hierdie toekennings sluit die Jan Rabie Rapport-boekprys in wat deur Media24 Boeke en Rapport geborg word. Totale prysgeld van R245 000 sal vanjaar toegeken word.
Die kortlyste lyk soos volg:
Jan Rabie Rapport-prys vir Afrikaanse fiksie – debuut of vroeë (tweede) werk
![]() |
Koljander – Carié Maas (Human & Rousseau) Jonathan Amid
Groot Afrikaanse Romanwedstryd: Commendatio – Koljander |
![]() |
Slagyster – Rudie van Rensburg (Queillerie) Deborah Steinmair
|
![]() |
Valsrivier – Dominique Botha (Umuzi, Random House Struik) Gerdus Senekal
Dominique Botha: Valsrivier |
WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie – romans, kortverhale, drama
![]() |
Donkerland – Kerneels Breytenbach en Deon Opperman (Tafelberg)
|
![]() |
Klimtol – Etienne van Heerden (Tafelberg) Louise Viljoen
LitNet Akademies-resensie-essay: Vir ’n speelse lewe – Etienne van Heerden se Klimtol Video: Etienne van Heerden en Etienne Bloemhof gesels oor Klimtol |
![]() |
Wolf, wolf – Eben Venter (Tafelberg) Wolf, wolf eerlik, ongenaakbaar en lewensveranderend Te veel én te min in dié roman |
Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie
- Sister-Sister – Rachel Zadok (Kwela)
- Shadows – Novuyo Rosa Tshuma (Kwela)
- Water Music – Margie Orford (Jonathan Ball)
Elisabeth Eybers-prys vir Afrikaanse en Engelse digkuns
![]() |
Chokers en survivors – Nathan Trantraal (Kwela) Joan Hambidge
"poetry oo die liewe annie anne kant" – Ronelda Kamfer gesels met Nathan Trantaal oor Chokers en Survivors |
![]() |
Hierdie mens – Wilma Stockenström (Human & Rousseau) Marietjie Lambrechts
|
![]() |
Kaar – Marlene van Niekerk (Human & Rousseau) Klankopname: Marlene van Niekerk gesels oor Kaar |
Recht Malan-prys vir Afrikaanse en Engelse niefiksie
- Into the River of Life: A Biography of Ian Player – Graham Linscott (Jonathan Ball)
- The Hidden Thread: Russia and South Africa in the Soviet Era – Irina Filatova and Apollon Davidson (Jonathan Ball)
- The War at Home/Die oorlog kom huis toe – Albert Grundlingh and Bill Nasson (reds/eds) (Tafelberg)
MER-prys vir jeugromans
- Amper Einstein – Christien Neser (Tafelberg)
- Dit vat guts – Annelie Ferreira (Human & Rousseau)
- Sharp Edges – SA Partridge (Human & Rousseau)
MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke
- Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek op die maan – Elizabeth Wasserman en Astrid Castle (Tafelberg)
- In die land van Pamperlang – Linda Rode en Johann Strauss (Human & Rousseau)
- Sisi gaan skool toe en ander stories – Wendy Hartmann en Joan Rankin (Human & Rousseau)
Die Media24 Boeke Literêre Toekennings word toegeken aan boeke wat by Media24 Boeke verskyn het. Die Jan Rabie Rapport-prys vir die beste vroeë Afrikaanse fiksietitel (debuut- of tweede werk) word wel toegeken aan die beste fiksietitel in Afrikaans wat by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het.
Die wenner in elke kategorie ontvang R35 000. In die geïllustreerde kinderboekkategorie word die geld tussen die skrywer en illustreerder verdeel.
Die wenners word op 6 Junie bekend gemaak.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.










