Kortlys vir UJ-Pryse vir Skeppende Skryfwerk bekend

  • 0

Universiteit van Johannesburg-Pryse vir Skeppende Skryfwerk: 2011

Die UJ-Prys vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans word vanjaar vir die twaalfde keer toegeken. Vorige pryswenners was onder meer: Elsa Joubert (2009), Etienne van Heerden (2008), Breyten Breytenbach (2007), Ingrid Winterbach (2006), André P Brink (2005) en Marlene van Niekerk (2010 en 2004). Antjie Krog was die eerste ontvanger van die prys in 2000. Die UJ-Debuutprys vir Skeppende Skryfwerk is reeds ses keer aan ’n prosawerk en drie keer aan ’n digbundel toegeken.

Die kortlys vir die UJ-Prys vir die beste skeppende skryfwerk in Afrikaans wat in 2011 verskyn het, is:

Onversadig deur TT Cloete, uitgegee deur Tafelberg

Lees Rensia Robinson se essay: Skramse digterlike profiel van ’n onversadigbare digter

Koop Onversadig by Kalahari.com

Sirkusboere deur Sonja Loots, uitgegee deur Tafelberg

Lees Chris van der Merwe se resensie: Sirkusboere: ’n Boeiende en vermaaklike historiese roman

Koop Sirkusboere by Kalahari.com

Wals met Matilda deur Dan Sleigh, uitgegee deur Tafelberg

Koop Wals met Matilda by Kalahari.com

Piekniek by Hangklip deur Kerneels Breytenbach, uitgegee deur Human & Rousseau

Lees Louise Viljoen se resensie: Piekniek by Hangklip: ’n seepgladde plesier

Koop Piekniek by Hangklip by Kalahari.com

Net ’n lewe deur Fransi Phillips, uitgegee deur LAPA Uitgewers

Koop Net ’n lewe by Kalahari.com

Die kortlys vir die UJ-Prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans wat in 2011 verskyn het, is:

Alfabet van die voëls deur SJ Naudé, uitgegee deur Umuzi

Lees Jeanette Ferreira se resensie: Alfabet van die Voëls stel hoë eise

Koop Alfabet van die Voëls by Kalahari.com

Skool deur Theo Kemp, uitgegee deur Tafelberg

Lees Nicol Faasen se essay: Skool - Heldhaftige individu, of reaksionêre massa?

Koop Skool by Kalahari.com

Wanpraktyk

deur Andries Samuel, uitgegee deur Human & Rousseau

Lees Marius Crous se resensie: Wanpraktyk se stukke, geheime en hoeke

Koop Wanpraktyk by Kalahari.com

Die wenners word op 3 September 2012 aangekondig. Die pryse word tydens ’n bekroningsgeselligheid op 11 Oktober by die UJ aan die wenners oorhandig.

Universiteit van Johannesburg-Pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans

Die Universiteit van Johannesburg (voorheen RAU) het in 2000 twee pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans ingestel.

Die UJ-Prys vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans; en
Die UJ-Debuutprys vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans.

Die waarde van die pryse is die volgende:

Die UJ-Prys: R65 000 per jaar;
Die UJ-Debuutprys: R25 000 per jaar.

Die vereistes vir die pryse is die volgende:

  • Die UJ-Prys word toegeken aan die skrywer van die beste oorspronklike, skeppende werk in Afrikaans wat gedurende die vorige kalenderjaar gepubliseer is.
  • Die UJ-Debuutprys word toegeken aan die skrywer van die beste oorspronklike, skeppende debuutwerk in Afrikaans wat gedurende die vorige kalenderjaar gepubliseer is.

Die pryse is tydens ’n galageleentheid in November 2001 vir die eerste keer toegeken. Eersgenoemde prys is toe aan Antjie Krog toegeken vir haar bundel Kleur kom nooit alleen nie.

Agtergrond

Die idee vir ’n prys vir skeppende skryfwerk het in 2001 ontstaan nadat die Departement Afrikaans by die destydse RAU ’n skenking van R10 000 ontvang het om skeppende skryfwerk in Afrikaans te bevorder. Ons het besluit om ’n literêre prys in te stel. Die Universiteitsbestuur het die idee ondersteun en ’n verdere bedrag van R40 000 beskikbaargestel vir pryse. Daar is toe besluit om die twee pryse toe te ken soos hierbo verduidelik. Sedert 2007 is die prysgeld verhoog na die huidige bedrae.

Die Keurpaneel

Vir die beoordeling van die beste werk van 2011 is die paneel soos volg saamgestel:

Prof Thys Human (UJ) - sameroeper
Dr Marthinus Beukes (UJ)
Prof Marné Pienaar (UJ)
Prof Ronèl Johl (UJ)
Prof Gerrit Olivier (WITS)
Dr Karin Cattell (US)
Dr Marius Crous (NMMU)
Corina van der Spoel (Boekehuis)
Christelle Webb-Joubert (RSG)

Genre

Die pryse word nie aan ’n spesifieke genre gekoppel nie. Dit maak die beoordeling moeiliker in die sin dat ’n digbundel byvoorbeeld teenoor ’n roman of ’n biografie opgeweeg word, maar dit skakel ook weer baie ander probleme uit.

Vorige pryswenners:

2001 (vir 2000)

 

RAU-Prys:

Antjie Krog – Kleur kom nooit alleen nie

RAU-Debuutprys:

Geen toekenning gemaak nie

 

2002 (vir 2001)

 

RAU-Prys

Rachelle Greef – Merke van die nag

RAU-Debuutprys

Nanette van Rooyen – Om te vlerk

 

2003 (vir 2002)

 

RAU-Prys

Dan Sleigh – Eilande

RAU-Debuutprys

Nini Bennett – Stoornis

 

2004 (vir 2003)

 

RAU-Prys

Braam de Vries – Tot verhaal kom

RAU-Debuutprys

Marius Crous – Brief uit die kolonies

 

2005 (vir 2004)

 

UJ-Prys

Marlene van Niekerk – Agaat

UJ-Debuutprys

Geen toekenning gemaak nie

 

 

2006 (vir 2005)

 

UJ-Prys

André Brink – Bidsprinkaan

UJ-Debuutprys

Marlize Hobbs – Flarde

 

2007 (vir 2006)

 

UJ-Prys

Ingrid Winterbach – Die boek van toeval en toeverlaat

UJ-Debuutprys

Danie Marais – In die buitenste ruimte

 

2008 (vir 2007)

 

UJ-Prys

Breyten Breytenbach – Die windvanger

UJ-Debuutprys

Willem Anker – Siegfried

 

2009 (vir 2008)

 

UJ-Prys

Etienne van Heerden – 30 Nagte in Amsterdam

UJ-Debuutprys

Loftus Marais – Staan in die algemeen nader aan vensters.

 

2010 (vir 2009)

 

UJ-Prys

Elsa Joubert – Reisiger

UJ-Debuutprys

Karin Brynard – Plaasmoord

 

2011 (vir 2010)

 

UJ-Prys

Marlene van Niekerk – Die sneeuslaper

UJ-Debuutprys

Nicole Jaekel-Strauss – Maal

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top