Doc Immelman (1928–2013)

  • 1
Foto: verskaf

Gebore en getoë

Daniël Ferdinand (Doc) Immelman is op 23 April 1928 in Vasco in die noordelike voorstede van Kaapstad gebore, die oudste van twee seuns. Sy direkte voorsate is Willem Barnard en Susanna Haarhof, sy oupa en ouma van moederskant. Sy moeder was Maria Elizabeth Barnard (in 1969 oorlede) en sy vader Willem Hendrik Immelman (oorlede 1965).

Hy was vir 16 jaar met die name William Ferdinand opgesaal nadat ’n fout op sy doopseel ingesluip het. Die fout is eers ontdek toe hy op sestienjarige ouderdom vir sy eerste werk aansoek gedoen het. Daniël Ferdinand was die voorname van die eerste Immelman wat uit Duitsland na Suid-Afrika gekom het.

Sy grootwordjare was nie maklik nie en ook nie baie gelukkig nie. “My familie het opgebreek en ek was klein in die Tweede Wêreldoorlog en dinge was deurmekaar ... die pa’s was weg. Ek het my toevlug geneem tot lees. Ek het baie gelees. Ek het die ander ouens vooruit gelees. Toe hulle Herrie op die ou tremspoor gelees het, het ek De Maupassant en Steinbeck en dié mob gelees. Daardeur, dink ek, het ek probeer om myself te laat geld omdat ek nie op ’n ander vlak kon uitblink nie.

“Ek onthou hoe my ma my gestuur het om ’n pond – vandag 1,5 kg – aartappels op die Kaapse Parade te gaan koop. Dit was ons kos vir ’n week.” (aan Murray la Vita, Keur, 19 Augustus 1994)

Sy pa het as meubelmaker gewerk en vir hom was daar ’n keuse tussen Paaie en die Spoorweë. Hy het Spoorweë gekies. In hul huisie was kombuis, sitkamer en eetkamer alles een. “In dié tyd,” het Doc aan Leon Rousseau (Die Burger, 8 Augustus 2009) gesê, “het ek vir die eerste keer van armblankes gehoor.” Namate die Depressie harder gebyt het, is Doc se pa se werksweek verkort. Hy het later nog net een dag per week met sy motorfiets, waarvoor hy baie lief was, na Soutrivier gery.

Ongewoon vir daardie jare is Doc se ouers geskei – dit was toe hy nog op laerskool was. “’n Egskeiding was destyds gesien as ’n groot skande en as kind was dit vir my veral baie moeilik – ek het min vriende gehad as gevolg van die stigma.”

Sy ma Elizabeth is enkele jare later met Doc se stiefpa, James McGregor, getroud.

In sy artikel oor Doc Immelman in Die Burger (8 Augustus 2009) het Leon Rousseau geskryf: “Toe Doc nege jaar oud was, is Walt Disney se Snow White in die Colosseum in Kaapstad vertoon. Dit het hom die onvleiende bynaam Dopey besorg, na een van die sewe dwergies in die rolprent. Daar was boelies in die Maitlandse skool, maar vir die Engelse juffrou, Sarah Goldblatt, was hulle maar almal deur die bank ’n spul ‘horrible boys’, en dit het sy reguit in die klas gesê.

“Die jeugdige Immelman se minder as prettige lewe is deur veral twee dinge versoet: die publikasie van sy stories en rympies in skool- en kinderblaaie soos Die Kleinspan en Die Jongspan en sy vriendskap met ’n Mexikaanse meisie, Carmen. Ter wille van haar eentalige ouers moes hy toe reeds Spaans leer. Duits het hy op skool gekry.”

Toe Rousseau hom in Mei 2009 gevra het of dit maar net vriendskap was, was sy antwoord: “Mexikaanse ouers was daai tyd streng, jong. As hulle jou vang, spyker hulle jou cojones teen die muur vas.”

Doc was toe reeds lief vir die veld en plaaslewe, en het veral graag gaan perdry en jag gemaak op klein diere soos springhase en tarentale. Gedurende daardie tyd het hy gereeld sy oom, Bonnie Schietekat, se plaas Roosboom besoek. Die plaas het gegrens aan die De Villiers Graaff-plaas, De Grendel. Hier het hy dikwels met sy stiefbroer, Terence McGregor, in die winter duikers gejag.

Doc het skoolgegaan op Ysterplaat in Maitland en soos baie Afrikanerkinders van daardie tyd het hy arm grootgeword – sy eerste skoene het hy eers in standerd 3 (vandag se graad 5) gekry! Tydens sy laerskooljare het die gesin gereeld in Bloubergstrand gaan vakansie hou – Doc onthou nog die besonderse naam van een van die huise wat hulle gehuur het: Smalstaan.

Van Doc se kinderherinneringe is sy ma se groot liefde vir snoek en kreef, en hoe sy weekliks van die plaaslike vissmouse vis gekoop het. In daardie dae was snoek beskou as armmanskos. “En byna elke keer was dit dieselfde ding – ’n gekibbel oor die snoekkoppe wat die vissmous graag wou hou en my ma gebruik het om vissop mee te kook. Maar Ma het altyd haar viskoppe gekry!”

In 1943 het Doc sy matriek verwerf deur selfstudie aan Gordon’s Institute of Learning in Kaapstad.

Verdere studie en werk

In 1944 het Doc begin werk as telegrafis in Kaapstad. Hy het as Morsekode-operateur gespesialiseer.

“Ek was ’n redelike swak kind; trouens, ek moes die Kaap verlaat. Ek het in een jaar drie keer dubbele longontsteking gehad. Die dokter het gesê: ‘Nog ’n winter in die Kaap, dan’s jy dood.’ Toe is ek Beaufort-Wes toe,” het hy aan Murray la Vita in Keur vertel.

Leon Rousseau het vertel: “’n Poskantoor-oorplasing na Beaufort-Wes is gereël. In die middel van die winter van 1946 het die 18-jarige Doc se ma vir hom frokkies van rooi flennie vir die koue reis laat aantrek. ’n Vriend, Willy Cridland, het hom in Beaufort-Wes van die trein afgehaal en onmiddellik besluit hy moet ’n nuwe bynaam kry – nie meer Dopey nie, maar Doc, een van Sneeuwitjie se ander dwergies. Met ’n nuwe, waardiger bynaam begin ’n nuwe lewe.

“‘Ons het baie in die Lyric gaan dans en baie gejag,’ vertel Doc in Mei 2009 en blaai in sy album na kiekies wat wys hoe goed die lewe in daardie vier jaar was.”

Rousseau het voortgegaan: “In Windhoek het ’n Engelssprekende poskantoorklerk, ene Schneider, in die na-oorlogse jare probleme gekry met die Duitsers, wat weens sy van verwag het hy moes Duits kan praat. Kon hy en Doc nie poste ruil nie? So gesê, so gedaan.

“Doc het die geleentheid aangegryp en in 1950 en as telegrafisklerk, radio-operateur (marconis) vir die destydse Suidwes-Afrika (vandag Namibië) Administrasie begin werk in die ingenieursafdeling van Pos en Telekommunikasie en sodoende die geleentheid gekry om sy drome te bewaarheid en na vreemde, veraf plekke te reis! Die Windhoekse telegraafkantoor was geleë in die ou Duitse poskantoorgebou in Kaizerstrasse (Windhoek se hoofstraat), langs die huidige hoofposkantoor. Die personeel moes klaarkom met net ’n paar telegraaflyne en nog minder telefoonlyne. Die enigste teerpad in die hele Suidwes was die Kaizerstrasse tussen Ausspannplatz (uitspanplek) en die polisiekantoor,” vertel hy.

“Alle firmas in Suidwes het destyds kabelgramme in Duits van hul verskaffers in Duitsland ontvang, ook Sam Cohen en Harold Pupkewitz. Met sy vlot Duits was Doc die enigste telegrafis wat dié Morsekode-boodskappe kon transkribeer. Ook die Duitse Gotiese skrif het hy goed leer lees.

“Kort nadat hy begin werk het, het Doc se kantoor verskuif na ’n radiostasie op ’n heuwel net buite Windhoek, van waar hy al die naburige stasies en prospekteerders leer ken het – hy het veral goeie vriende gemaak met die prospekteerders by Sendelingsdrif en Lorelei (vandag bekend as Rosh Pinah). Gedurende daardie tyd koop Doc sy eerste swaarkaliber-geweer en skiet sy eerste grootwild, soos gemsbok en koedoe, en gaan kuier naweke by vriende en familie op plase in die omgewing. As marconis het hy in kontak met afgeleë dele van die land gebly, sodat hy spoedig deur boere en ander na die uitsoek-jagplekke genooi is.”

Hy het in 1953 bedank en vir ’n jaar op Garoab-Oost in die distrik Tsumeb gaan woon, waar hy ten nouste met die Boesmans (San) saamgewoon het. Hier het hy naby Tsintsabis op die “rooilyn” gebly. (Die geslote rooilyn was die gebied in die ou Suidwes-Afrika wat op kaarte aangedui was met ’n dik rooi lyn waar blankes nie toegelaat is nie. Wit persone kon slegs met ’n werkpermit of op uitnodiging ingaan). Hier het Doc die Boesmantaal aangeleer, en is sekerlik vandag een van die min wit mense wat hierdie baie moeilike taal met sy groot variasie tongklikke kan praat.

Sy belangrikste taak was om wild vir die Boesmans wat op die plaas gewerk het, te gaan skiet. Hierdie ervaring het later as agtergrond gedien vir sy roman Die buffeljagter.

Oor sy werk op die plaas het Doc aan Murray la Vita vertel: “Dit was wild. Daar was nie boorgate nie; ons het water uit ’n put gekry. Die plaas was nie ingekamp nie. Paaie het omtrent nie bestaan nie. Ek het ’n jaar daar gebly en in daai jaar het ek elke dag gejag. Ons het omtrent 30 Boesmans en vyf Wambo’s op die plaas gehad en die enigste manier waarop jy hulle daar kon hou, was met vleis. Daarom moes jy skiet. Daar was baie wild. Daar was leeus, elande, wilde honde, luiperds ... alles het ek daar geskiet met ’n ou 303. Dis omtrent al wat ek gehad het – ’n ou 303 en ’n tikmasjien en ’n kitaar.

“In daai jaar het ek stof gekry wat ek nou (1994) nog nie gebruik het nie. Ek het nou nog aantekeninge en stories wat ek nog nie geskryf het nie. Okay, ek raak nou te lui. Ek dink ek het nou genoeg geskryf. Ek sal nou nog werk aan twee of drie manuskripte.”

Teenoor Charles Smith beskryf hy die werk op dié plaas as ’n “pioniersbestaan”. “Ek kon perdry en redelik skiet. Ek het te perd gejag. Ek kon die paal haal, bietjie Ovambo geleer. Toe my boots op is en my twak en patrone is gedaan, is ek terug Windhoek toe.”

Benewens die werk op die plaas het hy ’n onsekere bestaan gevoer as jagter, skrywer, fotograaf, swerwer en boemelaar, skryf hy in ’n kort skets aan NALN. Hy het die noordelike gebiede van Namibië, soos Okavango, Kaokoveld en Ovamboland besoek, asook Angola.

In die begin was Namibië anders. “Mense het vir my gesê hier kan jy nie swak wees nie, dan gaan jy onder,” vertel Doc aan Charles Smith (in Volksblad). “In 1950 was dit anders. Ek het in daardie tyd, daardie atmosfeer grootgeword. Ons het swaargekry op die grootpad. Vir die pad na Henties het jy net leë bierbottels gevolg. Die woestyn het die spore uitgewis. Teen die kus lê die spore weer jare lank soos gipsafdrukke in die grond.”

Ekonomiese oorwegings het hom egter gedwing om terug te keer na die Poswese en sy gewere te verkoop. Daar het hy as skrywer ontluik. Hy het dinge in die ou Suidwes gesien waarvan hy niks geweet het nie. Hy het met sy werk as telegrafis en radio-operateur met mense in alle dele van die land in verbinding getree.

“In daai dae,” het Doc aan Murray la Vita vertel, “selfs nou nog, in mindere mate, was daar min telekommunikasiekanale. Die meeste kommunikasie was per radio. Een voordeel van my werk by Windhoek se radiostasie was dat ek met die ouens in die ver plekke gepraat het. Ek was die enigste skakel tussen hulle en die buitewêreld. En dié ouens het my gevra om by hulle te kom kuier. Ek kan jou dit vertel: in daai jare was die wêreld hier darem ’n bietjie anders. Hy was wild.”

In 1958 is Doc met Rya Senekal, dogter van Piet en Fienie Senekal van Windhoek, getroud. Sy was een van die min dame-teledrukker-operateurs in die Poswese. Twee dogters, Lorraine en Yvette, is uit die huwelik gebore. Doc het nooit opgehou om sy liefde vir jag, die veld en visvang uit te leef nie en het in 1971 ’n huis op die klein kusdorpie, Hentiesbaai laat bou. Hier het die gesin, saam met familie en vriende, vir meer as 30 jaar Kersvakansies, Paasvakansies en langnaweke deurgebring totdat Kraaines in 2002 verkoop is.

Doc en Rya se wittebrood was na die Etosha-pan en die volgende jaar, met Rya verwagtend, is hulle in ’n Ford V8 Custom Fairlane na Angola. “By Humpata het ons nasate van die Dorslandtrekkers gekry. Hulle het Afrikaans gepraat soos ons, maar met ’n Portugese invloed,” vertel Doc aan Charles Smith. “Hulle was olifantjagters wat wonderlike dinge vertel het. Ek het hierdie stories begin skryf. Dit het verkoop soos soetkoek.”

Doc is klein van statuur en hy het na aanleiding hiervan die volgende staaltjie vertel: “Ek was in die Etosha-panne op besoek toe ’n groepie jongmense een aand hul tente langs my kampplek opgeslaan het. Soos die aand aangestap het, het my ‘bure’ al hoe harder om die vuur gesels. Ek het nader gestap en kennis gemaak. In die loop van die gesprek het dit geblyk dat hulle ’n groep studente was en uit hul vrae en my antwoorde het hulle agtergekom dat hulle hier met ’n wildkenner te make het. Een van hulle het my later gevra wat my naam is. Ek het geantwoord: ‘Doc Immelman’. Die student wou toe weet of dit dieselfde naam as die skrywer is waarop ek bevestigend geantwoord het en bygevoeg het dat dit ek is.

“‘Nog nooit, dit kan nie jy wees nie. Doc Immelman is ’n groot ou. Kyk maar na sy boeke,’ het die student half verontwaardig gereageer.” Hierdie staaltjie illustreer ten beste die statuur wat Doc, wat ses tale en verskeie Oshiwambo-dialekte magtig is, se boeke aan hom verleen.

Doc het geen tersiêre opleiding gehad nie, maar, vertel Yvette, “my pa het van die beste kennis van grammatika en algemene kennis in die land – hy het homself geleer. Jy kan nie probeer om teen hom Trivial Pursuit of enige algemene kennis speletjie te speel nie en kan hom amper enige vraag vra oor taal en hy sal vir jou ’n antwoord hê – selfs vandag nog op sy ouderdom.” Maar hy is baie trots op albei dogters, wat beide hulle nagraadse kwalifikasies behaal het.

Hy het op 1 Mei 1988 afgetree as personeelhoof van die poskantoor in Namibië na 44 jaar in die Staatsdiens.

Doc se rolle as skrywer en jagter is baie nou verbind met mekaar. Hy het die eerste keer gaan olifante jag in Angola omdat hy weens ’n gebrek aan eie ervaring nie ’n jagverhaal oortuigend genoeg na sy sin kon skryf nie. Hy moes dit self beleef voordat hy verder kon skryf. Wat hom die meeste van jag aantrek, is dat dit ’n groot uitdaging is om ’n dier te uitoorlê wat so goed toegerus is om in die natuur te oorleef. Daar was noue ontkomings en ontberinge. En dan is daar die leë gevoel wat oor jou kom lê wanneer jy ’n olifantkoei geskiet het. “Ek was nooit gelukkig wanneer ek iets doodmaak nie. Ek het al ouens gesien: hy is uitbundig, in sy noppies ... Ek het dit nog nie gevoel nie.” (Keur, 19 Augustus 1994)

In 1953, terwyl hy by die Poswese gewerk het, is sy eerste kortverhaal gepubliseer. Die verhaal is getiteld “Ses dooie beeste langs die grensdraad” en het in Die Huisgenoot verskyn.

In die 1950’s het Nasboek ’n kompetisie uitgeskryf vir ’n historiese roman. Doc was halfpad geskryf aan die roman oor olifantjagters toe hy besluit het dat hy nie genoeg weet van olifantjag nie. Net daar het hy ’n Land Rover en ’n .375 Magnum aangeskaf en die stofpad na Angola gevat. Die eerste besoek aan Angola het geen ivoor opgelewer nie, maar darem heelwat stories.

“Daarna het ek ’n klomp olifante platgetrek. Genoeg, ja. Maar toe die boek uiteindelik voltooi is, was die prys al drie jaar verby. Bill de Klerk het dit gewen met Die laer, ’n boek oor die Dorslandtrekkers.” (aan Charles Smith)

Erns Grundling vertel in Weg (14 Oktober 2016) van ’n knipsel wat hy in Doc Immelman se plakboek nr 1 gesien het: “Die opskrif by die eerste artikel, wat in 1954 in die tydskrif Avontuur en liefde verskyn het, is ‘Okavango-safari’. Op die foto sit Doc op ’n kameel se rug. ‘Daai bleddie kameel het my amper vrekgemaak op Rundu!’ roep hy uit. ’n Ander knipsel lui ‘Jong jagter wat Suidwes ken’. 

“Dit is ’n aankondiging dat sy verhaal ‘Twee skote teen dagbreek’ Huisgenoot se kortverhaalprys vir Julie 1954 gewen het. In die berig is Doc tong-in-die-kies oor sy ‘pankop’ (op 27 reeds) en sy destydse macho-antwoord op versoek vir ’n mooi portretfoto is pure Hemingway: ‘U vra ’n mooi portret. Tot nog toe is geen mooi foto’s van my gemaak nie. Ek het talle foto’s waar ek op kamele sit, perde ry, mieliepap eet met woeste inboorlingstamme, en met my voet trap op die nekke van dooie elande.’”

In 1959 is Doc se eerste boek, Verhale uit Suidwes, gepubliseer en dit was die begin van ’n baie vrugbare loopbaan wat van hom beslis die mees produktiewe skrywer van Namibië gemaak het. Feitlik al sy verhale, behalwe enkeles wat in Angola afspeel, het ’n Namibiese agtergrond.

Doc was net so verbaas soos al die ander mense toe sy boeke onmiddellik goed verkoop. “Suidwes was ’n vreemde land. Dit was vêêêêr, man. My ma het haar vrek gehuil toe ek ‘Duits-Suidwes’ toe gekom het. Dit was die einde van die wêreld. Die Afrikaners wat hier was, het nie fiksie gehad nie en toe ek nou begin skryf oor die mense, het hulle dit opgeraap. Nou ja, en so het dit maar aangegaan, nè?” (Keur, 19 Augustus 1994)

Die name van die karakters in sy boeke is name van mense wat Doc geken het, lewend of dood. “Ek het nou ’n Duitser ontmoet wat sê sy niggie lees haarself raak in ’n boek van my. Ek sê ja, dit is moontlik. Ek skryf soos ek dit sien gebeur.”

Doc het vanaf 1959 tot die publikasie van sy laaste boek (tot op hede) in 2003 reeds ongeveer veertig boeke gepubliseer. En die een was so gewild soos die ander. Of dit nou kortverhale, vollengte-romans of jeugverhale is, die lesers het dit verslind en oor die algemeen was die resensies ook positief. 

Sedert 2002 is heelwat van Doc se boeke en sy kortverhale uit die 1950’s en 1960’s deur Protea Boekhuis onder Nicol Stassen weer gebundel en uitgegee. Hierop het Leon Rousseau vir Doc met sy 75ste verjaardag gesê: “Ek was verheug om in die koerant te lees en van Nicol Stassen te hoor van jou nuwe welslae op die publikasiefront. Hy sê mense soek knaend jou boeke maar vind hulle nie omdat lesers jou boeke nie verkoop nie. Hoë lof!” (Die Republikein, 24 April 2003)

Oor individuele boeke het Doc aan Charles Smith (Volksblad, 12 Desember 2002) vertel dat Die wrede somer wat in 2002 deur Protea Boekhuis uitgegee is, deur vier uitgewers afgewys is. Die een het gesê die “tyd was nie reg nie”. Hierdie verhaal speel af in die Namibië van die jare 1927 en 1928. Dit is nie net ’n avontuurverhaal nie, maar is straks Immelman se eerste literêre werk en uiters geslaagd daarby, skryf Charles Smith. 

Smith (Volksblad, 20 September 2002) skryf verder: “Op die plaas Fahlplatz aan die groot-Karasberge hiet en gebied Lukas Baartman sy gesin en werkers. Hy lê ook die sambok goed in onder die werkers. Langs die plaas is die Snellopers (’n Nama-stam) se reservaat en daar is onrus aan ’t uitbroei. John Maartens staan op teen die verdrukking van die Snellopers en Lukas Baartman is woedend. Die spanning neem toe wanneer Chris, Lukas se seun, sy verloofde Elaine na die plaas bring vir die Desembervakansie.”

Smith skryf dat dit vir die leser duidelik is dat die klassieke tragedie onafwendbaar is en dat niemand iets daaraan kan doen nie. “Die wrede somer is ’n vinnige, kragtige verhaal waarin ’n uitstekende blik verkry word op ’n verlede wat dikwels verromantiseer word. ’n Klein skermutseling in 1927 se bloedige droogte in ’n ander land laat die skote lank binne in jou weerklink. Veral manne wat deesdae vinnig die roer wil gryp, moet dit lees en miskien eers twee keer dink.”

Margot Pakendorf (bron en datum onbekend) skryf oor Die wrede somer: “Doc Immelman skryf natuurlik nie vir babes nie; soos in sy ander romans beskryf hy deur en deur ’n manswêreld in Die wrede somer.

“Dié roman speel in Desember 1927 in die ou Suidwes-Afrika af. In die loop van die 151 bladsye tree ’n wye spektrum mense op, elk met sy kenmerkende taal en uitspraak: van die Engelse stasievoorman, die Afrikaanse boer en sy Nama-plaasvoorman, die Snellopers, ’n stam Namas wat in ’n reservaat woon tot die Duitse superintendent. Die hoofkarakter is egter die ongenadige, barre land.

“Die verhaal gaan oor die onmin tussen die Snellopers en Baartman oor grond en regte. Onder aanvoering van John Maartens, die oudste seun van hul kaptein, eis die Snellopers ’n stuk grond wat volgens oorlewering aan hulle behoort, terwyl Baartman dit as sy weiding beskou.

“Dit is ’n ingewikkelde en uiters aktuele verhaal. Aanvanklik verloop alles nog volgens wet. Uiteindelik loop dit egter uit op ’n skermutseling tussen die Snellopers en die polisie en reserviste. Alle kante van die geskil word uitgebeeld en daar word nie kant gekies nie. Aan die einde vermoed die leser dat die onenigheid nog baie jare en moontlik dekades sal voortduur.

“Immelman is ’n knap skrywer wat sy vaardighede oor ’n baie lang tyd geslyp het. ’n Mens wens net hy wou meer agtergrond invul, maar sy styl is so gestroop soos die landskap. Dis voorwaar ’n Doc Immelman soos sy aanhangers daarvan hou, pasgemaak vir die nuwe Namibië, al speel dit af in die ou Suidwes. Lesers wat hom nog nooit of lank gelede gelees het, kan gerus hierdie roesbruin boek ter hand neem.”

Een van Doc se bekendste boeke is Kurt Mauser wat in 1978 vir die eerste keer verskyn het, met ’n grootdrukuitgawe in 2001 en ’n heruitgawe in 2005 deur Protea Boekhuis. Toe Charles Smith aan hom gevra het waar kom Kurt Mauser vandaan, het Doc geantwoord: “Uit ’n wynbottel. Het jy die storie ‘Kitaar Samuel’ gelees? Ek is ook ’n tokkelaar op ’n kitaar as ek alleen in die bos is. Ek het die aand ’n dop of twee gedrink, kos gemaak en gaan slaap. Maar later word ek wakker, hoor die wind en die kitaar wat vibreer. Een aand het die storie teruggekom ...”

En sover hy kon onthou, is Kurt Mauser gegrond op ’n werklike man. “Daar was ’n Van der Westhuizen ... Ek kan jou nie sê waar dit vandaan kom nie. Gewoonlik begin stories met breë trekke ... Maar ek kan jou nie sê waarheen stories gaan nie.”

Maar Kurt Mauser is nié Doc Immelman nie. “Kurt Mauser is groter as Doc. Hulle is al op voornaamterme. Albei het Suidwes platgery.” Maar, skryf Charles Smith, Kurt Mauser wat op Otavi die Morsekode in die poskantoor afluister met die July-perdewedren se uitslae om die gemene barbier Wandrag terug te betaal, laat ’n mens wonder.

In sy resensie van Kurt Mauser het FZ in Die Suidwester (8 Maart 1976) geskryf: “Kurt Mauser is ’n kruising tussen Scotty Smith en James Bond – ’n romantiese, selfversekerde held wat soos die Ruiter in die Nag beweeg, rustig sigare rook, wyn drink en verwoestend optree wanneer onreg sy pad kruis. Hy skroom nie om die gereg in eie hande te neem wanneer hy ’n vergryp teen een van sy vriende wil regstel nie, maar sorg nietemin dat hy uit die hande van die polisie bly. En hy is ’n vyand van swendelaars en booswigte. Lekker, vernuftige stories. Jammer net dat ons die Mauserkêrel nie teen die terroriste kon gebruik nie!” 

Een van sy topverkopers was die jeugverhaal, Die soektog, wat in 1985 deur De Jager-HAUM gepubliseer is. Die hoofkarakters in die storie is Shilongo en sy sussie Kinto wat nie kan aanvaar dat hulle pa nie van die jagveld af gaan terugkeer nie. Hulle besluit om hul pa te gaan soek, maar die pad na Oshimba is gevaarlik – in so ’n mate dat Shilongo begin twyfel of hulle ooit sal uitvind waar hul pa is.

Hoewel Anna van Zyl in Volksblad (8 Februarie 1986) nie baie beïndruk is deur Immelman se verhaal nie, beveel die resensent in Tempo (27 Desember 1985) Die soektog aan as ’n uitstekende geskenk vir ’n jong seun of dogter, “en met sy ryk en kleurvolle taalgebruik is dit ook ’n letterkundige, maar genotvolle opvoedingstuk”.

Die soektog is wyd voorgeskryf vir die Suid-Afrikaanse en Namibiese skolemark en het in die 80 000 eksemplare verkoop.

In 2003 word Die buffeljagter by Protea Boekhuis gepubliseer. Dit is ’n historiese roman wat afspeel in Duits-Suidwes-Afrika in die tydperk ná dit Anglo-Boereoorlog. Bill Abraham is tydens die oorlog gevang, maar slaag daarin om te ontsnap en na Suidwes-Afrika te vlug. Hy laat ook sy vrou en kinders kom, maar die nuwe lewe eis ook teenspoed. So is sy vrou weens malaria oorlede en is Bill verpletter. Hy stuur sy kinders kosskool toe en word jagter terwyl hy ’n roekelose lewe lei.

Uitkoms kom toe hy ’n kontrak kry om 1 000 kg buffelvleis per week vir die myne te lewer. Maar dinge loop skeef – hy kwes ’n buffel en sy Herero-geweerdraer sterf. Hy laat kom sy kinders en hulle vind uit van Bill se drankgebruik en sy vrees. Bill druk die geweer in sy seun se hand en hy moet die jagwerk doen, met byna katastrofiese gevolge.

Charles Smith beskryf Die buffeljagter as nóg ’n lekker, tawwe Suidwes-storie deur ’n skrywer wat die bos ken, wat die rooibekfisant se koggel gehoor het as jy soek na die dood in die vorm van ’n buffel agter die bosse.

“Die lekkerte van Die buffeljagter lê in die wêreld van ’n eeu gelede in die ou Suidwes wat Immelman met daai regte Suidwes-name, woorde en mense skets. Dit was nie ’n plek vir sissies nie. Dit is ligjare verwyder van die eeu van selfone en lugversorging. Die massaslagting van wild – wat gebeur het – laat ’n wrang smaak in die mond. Dit is egter nie ’n romantisering van daardie lewenswyse nie.

“Immelman kon dalk bietjie dieper in die gekweste siel van die bang buffeljagter ingeklim het om die spanning enduit vol te hou, as om net die storie te vertel. Die buffeljagter is baie mooi uitgegee en Protea Boekhuis moet op die rug geklop word. Avontuurverhale is skaars in Afrikaans. As daar een verskyn – en boonop een deur die ou meester van Suidwes wat baie kinders laat lees het – moet hy opgeraap word.”

Helene de Kock (Beeld, 10 November 2003) beskryf Die buffeljagter as ’n ryk avontuurverhaal waar interpersoonlike verhoudings tog ook sentraal staan. “’n Leeservaring wat aanbeveel kan word. Immelman het ’n byna intuïtiewe waarnemingsvermoë wat al so deel van sy skryfwerk is dat ’n mens wonder of hy dit ooit doelbewus inspan. Dis eenvoudig dáár in die ruimte wat hy so deur en deur ken.

“Hy het Namibië se ruimtes sy eie gemaak en hy neem die leser moeiteloos saam. Een rede hiervoor is dat Immelman die betekenis van die ou towerspreuk van die skryfwêreld ken: ‘It’s the showing, not the telling.’ Die buffeljagter ruik na Afrika. Die leser weet van, sien, hoor en proe die geure en klanke van die jagveld. Alhoewel daar lang stukke vertelling en beskrywing is, verveel dit geensins nie. Tog, dalk sou hierdie leser meer wou weet van die voorgeskiedenis van Bill Abraham. ’n Mens lees die boek amper te gou klaar en wens vir meer.”

In die sesde uitgawe van Kakkerlak van 2006 skryf Junita Buys dat Doc Immelman ’n meesterlike verteller is oor die jagveld. “Sy oplettendheid en kennis van die wild, spore, waterpanne, weiveld, bome en intense droogtes maak die jagverhaal terselfdertyd ’n leersame ervaring. Die dor, ongenaakbare landskap in die noorde van Suidwes ontvou meesterlik uit sy pen en die leser wat vantevore in daardie omgewing was, sal weer sy voete kan voel wegsak in die warm, sanderige grond. Doc is ’n ervare verteller en het die kuns vervolmaak om jou tot op die laaste bladsy te boei – juis omdat jy nie weet watter afdraai die verhaal volgende gaan inslaan nie. Hy weet ook as dit alreeds sleg gaan om die skroewe sommer nog aansienlik stywer vas te draai.”

Oor Skrywers en boeke (1 September 1994) op Afrikaans Stereo het George Weideman oor Die beste van Doc Immelman gesê: “Behalwe dat Immelman ’n storie goed aanmekaar kan sit, weet hy ook presies hoe om die leser te manipuleer. Daar is ook nóg ’n onderskeidende kenmerk, naamlik dat hy oor ’n feitlik mitiese landskap skryf, die ongebaande dele van die ou Suidwes. Wanneer ’n mens oor Doc Immelman se stories praat, is dit moeilik om van Namibië te praat, vanweë die ou, feitlik koloniale lewenswyse wat sy verhale kenmerk. Selfs die tradisioneel vloeibare grens tussen die ou Suidwes en Angola in die dae voor die onafhanklikheidsoorlog is in dié verhale aanwesig. 

“Mens moet Immelman se tekste ook lees as verhale wat ’n bepaalde fase in die geskiedenis van dié land tussen die Kunene en die Gariep weerspieël – ’n pre-onafhanklikheidsfase, ’n tydperk wat hoegenaamd niks van die land se vryheidstryd en resente (1994) politieke woelinge weerspieël nie. Dus, steeds ’n grootliks geromantiseerde wêreld. Die land van die groot jagters, maar ook ’n landstreek wat die skrywer tot in sy murg ken.”

Weideman het verder geskryf: “Omdat Immelman so ’n gewikste verteller is, neem hy die leser maklik op ’n verbeeldingsreis. Die Afrika-landskap kom outentiek voor: Tog kan ek nou as veel ouer leser wonder of Immelman nie sy werklike talent steeds onder ’n maatemmer verberg nie: beskrywings van landskappe en mense in so ’n versameling neig om herhalend en vaag te wees. Te veel karakters lyk ‘skelm en geslepe’ of voer stereotiepe handelinge uit. Mens mis beeldende taalgebruik en karakteristieke dialoog. Juis daarom is ’n korter teks soos die spanningsvolle diamantstorie ‘Die groot sand’, waarin slim sy baas vang en die mens aan die kortste end teen die natuur trek, die bevredigendste.”

In 2005 publiseer Protea Boekhuis weer Doc se roman van 1968, Die tyd van die klippe. In Vaderland van 15 November 1968 het die resensent geskryf dat dít die beste roman is wat Doc Immelman nog geskryf het. Hy beskryf die roman as een wat by uitstek vir mans bedoel is, aangesien die tema eintlik die grootskaalse jag op wild in die Angola sestig jaar gelede is.

“Dit vertel die verhaal van Lukas Opperman, wat een van die min Boere was wat in Angola ryk geword het. Hy ontmoet die jong Markus Dreyer, wat, hoewel hy brandarm is, ’n goeie jagter is wat vir Opperman gaan werk. Dreyer raak verlief op Anna, Lukas se dogter, maar Lukas gaan nie ’n vryer duld wat nie geld het nie. Boonop vry die arrogante Barend Prinsloo ook by Anna.

“Die verhaal is spannend en die verskillende jagtertipes word goed beskryf. Die resensent het egter voorbehoude oor Immelman se karaktertekening van veral die vroue in die verhaal.”

In 2005 (Beeld, 23 Mei) skryf Helene de Kock dat Die tyd van die klippe ’n ryk avontuurverhaal is met ’n goeie skoot liefde daarby. Veral die ruimte word besonder goed geteken. “’n Mens wonder onwillekeurig wie ná Doc Immelman die informele geskiedenis en jagstories van Angola gaan opteken in verhale wat so lekker lees soos hierdie een. ’n Geringe beswaar is die intrige rondom die gesteelde perd wat bra flou weergegee word. Sodra menseverhoudings as rede vir konflik opgehaal word, moet dit as ’t ware alles uitgedop en tot in die fynste besonderhede in die verhaal geïntegreer word. Die verhouding tussen Lukas en sy vrou word nie genoegsaam belig nie.”

In Julie 1984 ontvang Doc die prys vir ’n groep van 10 gedigte van die Afdeling Kultuurbevordering van die Administrasie vir Blankes van die SWA met ’n handgeskrewe nota van die eertydse Suid-Afrikaanse president, CR Swart, en ’n getekende Suidwes-Afrikaanse eerstedag-koevert met die datum 13 November 1978 daarop as geskenk. In Oktober 1998 het die Windhoekse Gesinstak van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) sy eerste ATKV Pluimpie (veer-) toekennings aan Doc toegeken in die kategorie Liriekskrywers vir “Boesmankrale van Tsumkwe”.

Piet van Rooyen skryf in sy tesis oor Doc Immelman dat Immelman nog nooit beskou kon word as ’n skrywer van hoogstaande literêre meriete nie – trouens, hy beskou homself (in ’n onderhoud met Van Rooyen) ook nie so nie. “Eerder moet hy gereken word as ’n hoogs produktiewe skrywer van populêre literatuur gemik op spesifieke lesers, naamlik jong manlike Afrikaners met ’n drang na ontvlugting deur avontuur. Hy het ook met sy skryfwerk ’n belangrike rol gespeel in die vaslegging van identiteite van die Afrikaanse manlike leser en van persepsies van die Namibiese terrein, van ras en van ideale vroulikheid.”

Leon Rousseau het geskryf: “Ongeveer 40 jaar gelede, enkele jare nadat ek hom leer ken het, vertrek ek en Doc Immelman vroeg op ’n mooi wintersdag in sy Land Rover op safari uit Windhoek. Teen die middag bereik ons die Robbertse se plaas Leeurantjies, wat aan Namibië se Etosha-wildtuin grens.

“Ons gasheer wys vir ons ’n plek naby die grensdraad om ons tent op te slaan. Dié doen ons sonder versuim en dwaal daarna op die uitgestrekte plaas rond. Leeurantjies het destyds gewemel van die wild (in die loop van daardie middag het ek 17 kameelperde tussen die doringbome getel), maar ons gasheer het ons verseker daar is geen leeus op die plaas nie.

“Wat hy verswyg het, was dat hy ons laat kamp opslaan het binne 30 treë van die plek waar ’n leeu die vorige week deur ’n gat in die omheining gekom het. Die gat is nie toegemaak nie. Dit was in die destydse Suidwes ’n heel aanvaarbare poets om op ’n stadsjapie soos ek te bak.

“Terug by die tent kry ons alles reg vir die aand se braai. Doc se karba Virginia staan gereed, en aan die doringtakke hang die bonkies bier twee-twee in nat sokkies om af te koel. Ek het toe al ’n paar jaar tevore ná ’n buffeljag besluit om nooit weer ’n lewende ding te skiet nie, maar Doc het sy gebruiklike arsenaal saamgebring, met inbegrip van ’n olifantgeweer.

“Heelwat later, reeds in ons nagklere, drink ons nog ’n nagsopie om die kampvuur toe Doc met gedempte ergernis merk dat ek my onderbroek aan ’n doringtak gehang het. Wat ’n affront vir sy ordelike kamp! Sonder meer bring hy sy olifantgeweer te voorskyn, stoot ’n reuse-patroon in die loop en jaag ’n skoot deur die kledingstuk.

“‘Nou is jou onderbroek sewe-en-ses meer werd,’ merk hy lakoniek op. Sewe sjielings en ses pennies was die prys van ’n olifantgeweer-patroon. ’n Soortgelyke patroon kos vandag R40.

“Die volgende oggend hoor ek hom buite die tent loop. ‘Daar’s spore om die tent,’ praat hy by die tentopening binnetoe. ‘Hier was vannag leeus.’

“In daardie tyd was ek in beheer van Human & Rousseau Uitgewers se kinder- en jeugboeke en populêre romans. Doc sou mettertyd etlike boeke vir ons skryf. Selfs toe het ek al besef hy is ’n ‘lewende legende’, ’n heel besonderse mens. Hy kon hom in agt of meer tale verstaanbaar maak – naas Afrikaans en Engels ook Duits, Spaans, Portugees, Frans plus inheemse tale en dialekte. Hy kon onderhoudend uit sy avontuurlike lewe vertel. In ’n land waar jag hoog aangeslaan is, was hy ’n jagter soos min. Hy kon lekker op sy kitaar speel en sing. Sy humorsin, meestal van die bluff soort, was iets besonders. Vandag, vier dekades later, kan ek hom sonder aarseling uniek noem. Daar sal nooit weer so iemand wees nie.”

Doc Immelman is op 9 Maart 2013 in die Rooms-Katolieke Hospitaal in Windhoek oorlede nadat hy die laaste jaar baie verswak het. Hy word oorleef deur sy vrou, Rya, sy dogters, Lorraine en Yvette, en ’n kleinseun, Matthew.

Huldeblyke:

  • André P Brink het oor Doc Immelman se Die hart van ’n man gesê: “Deur die jare het Doc Immelman ’n reputasie verwerf as storieverteller, veral dan van Suidwes-stories, dié waarin hartstogte en teenstellinge betreklik rou en bruut opgeroep word: jagstories en lagstories, roustories en vroustories, slangstories en bangstories, verhale van liefde, haat, jaloesie, bedrog, vindingrykheid, vernuf, opoffering, geweld, telkens met ’n ondergrond van spanning en meermale met ’n gesonde en beheerste sin vir humor. Op die gebied van die ontspanningsverhaal dus: voortreflik.” (Rapport, 2 November 1975)
  • Leon Rousseau, skrywer en vriend: “Doc Immelman was veel meer as ’n produktiewe skrywer. In ’n land van jagters was hy ’n baasjagter. Sy intellek was gedug. Hy kon onderhoudend oor ’n menigte onderwerpe vertel. Op die kitaar kon hy speel terwyl hy vrolik sing. Hy kon hom in agt tale verstaanbaar maak – Afrikaans, Engels, Duits, Spaans, Portugees, Frans en verskeie San- en Oshiwambo-dialekte. In die 2009-artikel het ek hom as uniek beskryf, en dit is wat hy was. Die omstandighede van sy lewe, gepaard met sy eie besondere eienskappe, stel ’n mens in staat om sonder voorbehou te sê: Daar sal nooit weer iemand soos Doc Immelman wees nie.” (Volksblad, 16 Maart 2013)
  • Lorraine Immelman-Steyn, sy een dogter: “Ek het in Desember 2012 drie weke saam met my ouers op Swakopmund deurgebring. Ek is baie dankbaar vir daardie weke. Hy het in sy laaste dae nog sy memoires geskryf en ’n bietjie vertaalwerk gedoen, maar hy was toe al baie swak.” (Die Burger, 11 Maart 2013)

Publikasies:

Publikasie

Verhale uit Suidwes

Publikasiedatum

1959

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • RN: Verhale uit Suidwes. Die Burger, 12 Februarie 1960

 

Publikasie

Die safari na Omukwai

Publikasiedatum

  • 1960
  • 2001

ISBN

  • (hb)
  • 186904651X (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: HAUM
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Vlamme in die Namib

Publikasiedatum

  • 1963
  • 1974

ISBN

0798601016X (hb)

Uitgewer

Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • AFB: Ou roman boei steeds enduit. Die Burger, 14 Februarie 1974
  • APG: “Lekker boek bra skaars in Afrikaans ... Maar hier is een van hulle.” Vaderland, 21 Junie 1963
  • ED: Doc Immelman oor Suidwes. Die Burger, 17 Mei 1963
  • Immelman-land leef! Transvaler, 11 Februarie 1974
  • PR: Doc Immelman vat Namib en sy mense raak. Vaderland, 22 Maart 1974
  • Van Zyl, Anna: D Immelman bied leesstof vir ontspanning. Volksblad, 9 Augustus 1963

 

Publikasie

Die groot maroelas

Publikasiedatum

  • 1963
  • 1965
  • 1967

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Boekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Grové, AP: Immelman se jongste bederf deur te veel onbenullighede. Vaderland, 8 November 1963
  • JM: Ongetemde Suidwes is die agtergrond. Die Burger, 8 November 1963
  • Van Zyl, Anna: Immelman skryf weer oor Suidwes. Volksblad, 18 November 1963

 

Publikasie

Wraak van die wildernis

Publikasiedatum

1964

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Willem Gouws

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Tweehonderd gewere

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • B de K: Spanning in Suidwes. Die Burger, 22 Oktober 1965

 

Publikasie

Shondoro en ander kortverhale

Publikasiedatum

  • 1965
  • 1966
  • 1984

ISBN

0628026854 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Unie-Boekhandel
  • Pretoria: Perskor

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Van Zyl, Anna: Suidwes-atmosfeer sweef oor tien kortverhale. Volksblad, 10 September 1965

 

Publikasie

’n Seisoen vir romanse

Publikasiedatum

1966

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Vyf waens na San Pedro

Publikasiedatum

  • 1966
  • 2008

ISBN

  • (hb)
  • 9781869192334 (sb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Voortrekkerpers
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Skatte van goddeloosheid

Publikasiedatum

  • 1966
  • 2001 (Grootdruk)

ISBN

  • (hb)
  • 1869045971 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die leeu van Okurasewa

Publikasiedatum

  • 1967
  • 1993
  • 2008

ISBN

  • (hb)
  • 0798130466 (sb)
  • 9781869192327 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Doc Immelman. Vaderland, 29 September 1967
  • MA: Doc Immelman kan mos skryf! Die Burger, 8 September 1967

 

Publikasie

Die voortvlugtiges

Publikasiedatum

  • 1967
  • 1979 (Grootdruk)
  • 2002 (Grootdruk)

ISBN

  • (hb)
  • 1869047133 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Pretoria: Makro
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die tyd van die klippe

Publikasiedatum

  • 1968
  • 1970
  • 1984 (Grootdruk)
  • 2004

ISBN

  • (hb)
  • 086812110 (hb)
  • 1869190408 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Tafelberg
  • Pretoria: Makro
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Boeke-Beeld. Beeld, 29 Desember 1968
  • De Kock, Helene: Ontspanningsverhale. Beeld, 23 Mei 2005
  • Dis Doc Immelman se beste roman. Vaderland, 15 November 1968
  • MA: ’n Lekkerlees-verhaal uit Angola. Die Burger, 4 Oktober 1968
  • Nuut op die rak. Volksblad, 21 Maart 2005
  • Van Zyl, Pieter: Die tyd van die klippe. Huisgenoot, 10 Februarie 2005

 

Publikasie

Blits

Publikasiedatum

  • 1970
  • 1985

ISBN

0798119276 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeugverhaal

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Vertaling in Engels 2008 The long road home deur Macmillan Namibia

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Seevaart van verraad (onder die skuilnaam Rya Avenant)

Publikasiedatum

1970

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Willem Gouws

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die wilde perde van Jakkalsgraf

Publikasiedatum

  • 1970
  • 2001 (Grootdruk)

ISBN

1869045882 (hb)

Uitgewer

Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • MA: Bloot om den brode. Die Burger, 13 Maart 1970
  • Wilde perde van Jakkalsgraf. Oosterlig, 15 April 1970

 

Publikasie

Nege grafte tot Otjihonge

Publikasiedatum

1970

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Louw, Kobus: Die negende graf is ’n kul-spul. Rapport, 28 Februarie 1971

 

Publikasie

Die wrak van die Adolf K Freimut

Publikasiedatum

  • 1972
  • 1993
  • 1999 (Grootdruk)

ISBN

  • 0798130458 (sb)
  • 1869040945 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • JH: Verhaal boei, maar die ontknoping lol. Vaderland, 30 Junie 1972

 

Publikasie

Die bul van Kashimbo

Publikasiedatum

  • 1973
  • 1992
  • 2007

ISBN

  • 079810323X (hb)
  • 0798130628 (sb)
  • 9781869191580 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • EV: Olifante en terroriste. Volksblad, 20 Desember 1973
  • FZ: Doc doen dit alweer. Suidwester, 28 Januarie 1974
  • Gouws, Andries: Daar’s ’n leeu op jou bakkies! Beeld, 17 September 2007
  • JK: Bakkes-roman oortuig [saam met Doc Immelman in resensie genoem]. Die Burger, 17 Januarie 1974
  • Liebenberg, Danila: Nuut op die boekrak. Volksblad, 3 Maart 2008
  • PR: Verhaal sal boei. Vaderland, 16 November 1973

 

Publikasie

’n Kwartmiljoen Mauserpatrone

Publikasiedatum

  • 1973
  • 2012

ISBN

  • 079860042X (hb)
  • 9781869198367 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: HAUM
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Die beestrek

Publikasiedatum

  • 1974
  • 1980
  • 1982
  • 1983

ISBN

  • 0628006578 (hb)
  • 0628018568 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Avontuur, liefde speel sterk rol. Oosterlig, 13 Februarie 1975
  • Lekker leesboek vir stadsjapies. Oosterlig, 6 November 1980
  • Ramu, Jo: Verstrooiing vir die moeë gees. Beeld, 30 Junie 1975

 

Publikasie

Die wit hings van die Namib

Publikasiedatum

  • 1975
  • 1982
  • 2000 (Grootdruk)
  • 2011

ISBN

  • 0798602384 (hb)
  • 186904178X (hb)
  • 9781869194956 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: HAUM
  • Parklands: Jacklin
  • Pretoria: Protea Boekwinkel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Die hart van ’n man: verhale oor Suidwes

Publikasiedatum

1975

ISBN

079860185X (hb)

Uitgewer

Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Brink, André P: Lekker, maar nie Doc Immelman se beste nie. Rapport, 2 November 1975
  • JV: Doc-boek vol genot. Transvaler, 14 November 1975
  • SE v Z: Nostalgiese waarde in dié boek. Suidwester, 12 Januarie 1976
  • Van Zyl, Anna: Verhale uit Suidwes. Volksblad, 19 Februarie 1976

 

Publikasie

Kurt Mauser

Publikasiedatum

  • 1975
  • 2001 (Grootdruk)
  • 2005

ISBN

  • 0949944173 (hb)
  • 1869045076 (hb)
  • 1869191110 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Romanticapers
  • Parklands: Jacklin
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Nuut op die rak. Volksblad, 12 September 2005
  • SE v Z: Nostalgiese waarde in dié boek. Suidwester, 12 Januarie 1976

 

Publikasie

Wind oor die Khomas-Hochland

Publikasiedatum

1976

ISBN

01798106786 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • EP du P: ’n Nuwe Doc. Die Burger, 21 Oktober 1976
  • JH: Doc pronk met Suidwes. Vaderland, 24 November 1976
  • Malan, Lucas: Doc Immelman word nou te voorspelbaar. Hoofstad, 1 Oktober 1976
  • PCT: Spellbounding tales set in South West Africa. The Friend, 25 Augustus 1976
  • Schutte, Hannie: Vyftal verhale oor Suidwes. Transvaler, 20 Augustus 1976
  • Suidwesverhale. Oosterlig, 6 Oktober 1976

 

Publikasie

Huurvlug 14 van Windhoek

Publikasiedatum

1978

ISBN

0798108215 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • CB: SWA-situasie in verhaal ingevleg. Vaderland, 27 Julie 1978

 

Publikasie

Die vloek van Kupferthal

Publikasiedatum

1978

ISBN

090923524 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Promedia Publikasies

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die jagstewels en ander verhale

Publikasiedatum

1979

ISBN

0798603623 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • CV: Jagstewels lei na stewelsgenot. Volksblad, 29 Augustus 1979
  • Kortverhale van Doc Immelman. Transvaler, 8 September 1979

 

Publikasie

Die Doc Immelman-omnibus

Publikasiedatum

1979

ISBN

0798109343 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • EG: Vir die gulsige leser. Transvaler, 6 Junie 1979
  • Kielblock en Immelman. Oosterlig, 1 Augustus 1979

 

Publikasie

Onseker liefde

Publikasiedatum

1980

ISBN

0796400601 (hb)

Uitgewer

Bloemfontein: PJ de Villiers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Onheil in die Kuiseb

Publikasiedatum

1983

ISBN

0624019101 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Kersfees in Carmona en ander stories

Publikasiedatum

  • 1985 (Grootdruk)
  • 2001 (Grootdruk)
  • 2010

ISBN

  • 079811858X (hb)
  • 1869046862 (hb)
  • 9781869192877 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Parklands: Jacklin
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Ligte leesstof wat boei. Die Burger, 17 April 1986
  • Mittner, Esme: Verhale uit Afrika. Sarie, 25 September 1985
  • Van Zyl, Anna: Lekkerlees-stories oor Suidwes. Volksblad, 22 Februarie 1985

 

Publikasie

Die soektog

Publikasiedatum

  • 1985
  • 1997
  • 2010

ISBN

  • 0798623179 (sb)
  • 9780636094376 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: De Jager-HAUM
  • Kaapstad: Maskew Miller Longman

Literêre vorm

Jeugverhaal

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

In Engels vertaal: The search

Resensies en besprekings

  • Van Zyl, Anna: Boek te idealisties om te oortuig. Volksblad, 8 Februarie 1986
  • Ver paaie. Tempop, 27 Desember 1985

 

Publikasie

Lategan se goud

Publikasiedatum

1990

ISBN

0799315818 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • De Bruin, Philip: Goeie ontspanningsverhaal uit Immelman se pen. Beeld, 23 Julie 1990
  • Delport, Annemie: Avontuurverhaal vir tieners. Transvaler, 2 Julie 1990
  • Lategan se goud. Suidwester, 2 November 1990
  • Slabber, Coenie: Boek. Rapport, 22 Julie 1990

 

Publikasie

Die beste van Doc Immelman

Publikasiedatum

1994

ISBN

0799319953 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Mittner, Esme: Ruik die boek. Sarie, 20 Julie 1994
  • Weideman, George: Die beste van Doc Immelman. Afrikaans Stereo: Skrywers en boeke, 1 September 1994
  • Wybenga, Gretel: Verhale van ’n baasverteller. Beeld, 8 Augustus 1994

 

Publikasie

Die krokodille van Manyondo

Publikasiedatum

2002

ISBN

0620298588 (sb)

Uitgewer

Swellendam: Hartbees Uitgewers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die wrede somer

Publikasiedatum

2002

ISBN

191982569X (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Boeke. Huisgenoot, 7 November 2002
  • Die wrede somer [uittreksel]. Beeld, 29 Julie 2002
  • Loots, Sonja: Boeke vir die kerskous. Rapport, 8 Desember 2002
  • Pakendorf, Margot: Doc Immelman se blus is nog lank nie uit nie. Beeld, 24 Februarie 2003
  • Smith, Charles
      • Dié skote bly lank in jou weerklink. Die Burger, 7 Oktober 2002
      • Nuwe Doc Immelman-boek soos ’n oase vol bier. Volksblad, 20 September 2002

 

Publikasie

Die tier en ander verhale

Publikasiedatum

2003 (Grootdruk)

ISBN

1415000484 (hb)

Uitgewer

Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Ruacana tot Rosh Pinah

Publikasiedatum

2010

ISBN

9781869194369 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Rubrieke

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Baarde, briewe en barmhartigheid

Publikasiedatum

2013

ISBN

9781485300113 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Rubrieke

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Die groot sand en ander stories

Publikasiedatum

2014

ISBN

9781485300946 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Koen, Dewald: Ryk skat in Suid-Afrika se kortkuns kry hopelik ’n generasie lesers by. Beeld, 16 Februarie 2015
  • Van Zyl, Wium: Merkwaardige metamorfose van helde beloon ook leser. Rapport, 1 Maart 2015

 

Publikasie

Die meisie op die bus en ander liefdesverhale

Publikasiedatum

2016

ISBN

9781485304296 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Die meisie op die bus en ander liefdesverhale

Publikasiedatum

2016

ISBN

9781485304296 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Bloed op die duine en ander verhale

Publikasiedatum

2018

ISBN

9781485309048 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Artikels oor en deur Doc Immelman 

  • Bekende skrywer tree af. Transvaler, 20 Mei 1988
  • Doc Immelman (Storiewerf)
  • Doc Immelman (Wikipedia)
  • Doc Immelman tree uit [foto]. The Windhoek Advertiser, 20 Mei 1988
  • Doc Immelman word 80. Die Republikein, 23 April 2008
  • Grundling, Erns: Suidwes se storieman. Weg, 14 Oktober 2016 
  • Hurter, Errol: Een van Namibië se bekendste skrywers vier 75 jaar. Die Republikein, 24 April 2003
  • Immelman, Doc: Skrywers kry baie geld. Suidwester, 10 November 1972 
  • La Vita, Murray: Hemingway van Namibië. Keur, 19 Augustus 1994
  • Namibia’s own storyteller: Doc Immelman. Gondwana Collection, 4 Julie 2012 
  • Pople, Laetitia: Doc Immelman oorlede. Die Burger, 11 Maart 2013
  • Rousseau, Leon: 
      • Doc Immelman – ’n lewende legende. Die Burger, 8 Augustus 2009
      • Nooit weer iemand soos Doc. Volksblad, 16 Maart 2013
  • Smith, Charles:
      • Eensame avonturier. Beeld, 11 Desember 2002
      • Immelman laat steeds die ou Suidwes leef. Volksblad, 12 Desember 2002
      • Taaie Doc nog vol stories. Die Burger, 9 Desember 2002
  • Suidwes-skrywer span uit. Die Republikein, 23 Mei 1988
  • Van Rooyen, Petrus Hendrik: Doc Immelman in Namibies-Afrikaanse literatuur. Universiteit van Namibië, 2002

Doc Immelman se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 2013-03-14 gepubliseer en is nou volledig bygewerk.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

  • 1

Kommentaar

  • Doc Immelman  

    Ek het paar stories oor 'spergebied'-misdade en Nama-oorloë gelees. Nou ja, dit was nog in dae toe biblioteke gewerk het! Einde van era!

    Hans

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top