Die Laaste Tango: Foto’s van die openingsaand

  • 0

Deon Meyer skryf op sy webwerf oor sy film Die Laaste Tango – wat op 5 Julie 2013 landwyd begin draai:

"De Wet, ’n 34-jarige, werkverslaafde speurder, stel ’n lokval vir Basson, die psigopaat wat nege vroue grusaam vermoor het. En wanneer hy hom vang, rand hy die reeksmoordenaar in woede en haat só erg aan dat hy drie jaar se uitmergelende werk en ’n skuldigbevinding in ernstige gevaar stel.

De Wet se baas stuur hom na Loxton, ’n afgeleë dorpie in die Bo-Karoo, om af te koel en die omstredenheid te laat oorwaai. Hier ontmoet hy vir Ella, die mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker ..."

Antoinette Louw vertolk die rol van Ella Winter en Louw Venter dié van Herkules De Wet.

Die Laaste Tango se première het op 18 Junie 2013 in Kaapstad plaasgevind. Chrizane van Zyl het foto’s by die geleentheid geneem.

Deon Meyer, Antoinette Louw en Louw Venter

 

Deon Meyer, Antoinette Louw, Louw Venter

 

Deon Meyer, Zanne Stapelberg, Margit Meyer-Rödenbeck, Jurg Human
Deon Meyer, Zanne Stapelberg, Margit Meyer-Rödenbeck, Jurg Human

 

Zanne Stapelberg, Margit Meyer-Rödenbeck, Jurg Human
Lindi Geldenhuys, Jaco Snakehead Venter, Pierre Greeff, Jani Greeff

 

Lees 'n onderhoud met Antoinette Louw.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top