| Land van die groot woordfabriek Aangebied deur LAPA en Protea Boekhuis Met Daniel Hugo, Jaco Jacobs, Miemie du Plessis, Nicol Stassen en Danie Marais. Is dit regtig nodig om oorsese kinderboeke in Afrikaans te vertaal? Wat van plaaslike skrywers? Wie besluit wat word vertaal? Watter uitdagings bied ’n kinder- of jeugboek aan vertalers? Luister wat sê dié kundige rolspelers. 8 Maart 15:00 | Erfurthuis | 50min | R50 |
![]() |
![]() |
Die Hoofkarakter-soektog Aangebied deur LAPA Wat gebeur as lesers die kans kry om die hoofkarakter in ’n nuwe spanningsroman te wees? Leon van Nierop en hoofkarakter Monique Bisschoff verskaf terugvoering oor die LAPA Hoofkarakter-soektog – ’n opwindende, Pendoring-bekroonde leserskompetisie wat op Facebook aangebied is. Leon se Snydokter is die eindproduk daarvan. 9 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R30 by die deur |
| Die vloek Aangebied deur LAPA Die vloek – sondes van die vaders van Johan Kruger was op die kortlys van die 2010/2011 LAPA Romankompetisie. Riana Scheepers beskryf dit as ’n "verbysterende roman (...) wat een keer in ’n dekade homself aanmeld. Groots, ambisieus, geskakeerd en aangrypend". Joernalis Jan-Jan Joubert stel die skrywer voor en gesels met hom. 9 Maart 13:00 | Erfurthuis | 50min | R30 by die deur |
![]() |
|
WOW Skrywersfees
|
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter





